Hartstories van ons land se boere

R250.00

Terwyl die gronddebat voortwoed, stel dié boek ons voor aan die landbouers wat die kos verbou waarvan SuidAfrika leef. Ivor Price en Kobus Louwrens gee ons ‘n intieme blik in die daaglikse plaaslewe en uiteenlopende boere se belewenisse van boer. Of dit agribesighede is, of klein maar geliefde plasies wat met passie bewerk word, elke boerdery is uniek en elke boer het ‘n storie. ‘n Inspirerende ode aan ons landbouers.

In ‘n wêreld waar ons selde mekaar se daaglikse omstandighede verstaan, bring dié boek ons boere se stryd, hartseer én hoop tot binne in ons huise, met medemenslikheid en deernis. – Martelize Brink

Dié broodnodige blik op ons landbouers se toewyding aan die aarde, en aan SuidAfrika, salueer al die ongeprese landbouhelde van ons land. – Nick Serfontein

Teen die agtergrond van die vurige gronddebat, wys hierdie boek dat om te boer meestal ‘n liefdestaak is. – Gloria Serobe

SKU: 9780624092247 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: Om te boer in vandag se Suid-Afrika

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 224

OPSOMMING: Terwyl die gronddebat voortwoed, stel dié boek ons voor aan die landbouers wat die kos verbou waarvan SuidAfrika leef. Ivor Price en Kobus Louwrens gee ons ‘n intieme blik in die daaglikse plaaslewe en uiteenlopende boere se belewenisse van boer. Of dit agribesighede is, of klein maar geliefde plasies wat met passie bewerk word, elke boerdery is uniek en elke boer het ‘n storie. ‘n Inspirerende ode aan ons landbouers.

In ‘n wêreld waar ons selde mekaar se daaglikse omstandighede verstaan, bring dié boek ons boere se stryd, hartseer én hoop tot binne in ons huise, met medemenslikheid en deernis. – Martelize Brink

Dié broodnodige blik op ons landbouers se toewyding aan die aarde, en aan SuidAfrika, salueer al die ongeprese landbouhelde van ons land. – Nick Serfontein

Teen die agtergrond van die vurige gronddebat, wys hierdie boek dat om te boer meestal ‘n liefdestaak is. – Gloria Serobe

SKRYWER: Ivor Price is veral bekend vir sy rol by RSG se gewilde nuusprogram Monitor en as aanbieder vir SAUK nuus. Sy ander loopbaanhoogtepunte sluit in tyd in Londen as ’n buitelandse korrespondent vir Media24 en sy werk as joernalistiekopleier vir die Wêreldkoerantvereniging. Hy is aanbieder van die VIAprogram “Vir die liefde van die land”.

Kobus Louwrens is ‘n bekroonde omgewingsverslaggewer en het van Suiden OosAfrika se voorste landboutydskrifte en koerante uitgegee. Hy is die direkteur vir digitale strategie by ‘n bemarkingsagentskap en is bekend vir sy innoverinede bemarking van landbouwynen toerismehandelsmerke.