Description
SUBTITEL: Egte lewe waar jy is
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 136
OPSOMMING: Die plekke waar ons woon, is baie belangrik. Dit kan selfs ons geluk en lewensvreugde bepaal. Eintlik kan ons sê ons ís ons plekke. Ons identiteit word deur ons plek bepaal. Ons het ʼn adres! Ons is soos ons adres.
Wys my jou plek en ek sien jou hart. Maar plek is ook belangrik in ons geloofslewe. Juis omdat plek en identiteit so ineengevleg is. Ons geloofslewe vat grond en speel af in die werklikheid van al die plekke waar ons leef.
Ons geloofshart klop ook in ons hartsplek. Hierdie boek kyk van naderby na ons verhouding met die plekke waar ons leef, rus, werk en speel. Dit neem ons op ʼn reis na baie verskillende plekke en stel ons bekend aan die Reisgids wat ons help om sin te maak van die lewe en die plekke waar ons leef. Dit dink na oor geloof en grond. En dit bring ons hartsplekke en ons hartklop vir geloof by mekaar uit.
INHOUD
1. Mooi plekke
2. Lelike plekke
3. Stil plekke
4. Heilige plekke
5. Vreemde plekke
6. Plekke van genesing
7. Sit gemeentes op hulle plek!
8. Herontdek die gemeenskap (commons)
9. Plek en grondhervorming
Die plek wat jy huis noem
SKRYWER
Nelus Niemandt