Hartedief

R295.00

’n Berugte reeksmoordenaar jag by stormweer onder die Kaap se vroue, en dis Rooi en Kassie wat hom moet vastrek.

Maar hoe spoor jy ’n miljoenêrontsnappeling op wat die polisie al jare lank ontglip, geen digitale spoor los nie, nie eens ’n selfoon besit nie en hope vals ID’s het? En boonop sy slagoffers se harte steel deur hulle net een kyk te gee?

Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige medeseëlversamelaar.

Om vlerk te sleep is nie vir sissies nie, en sy eie hart is in gevaar. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas by die Spesiale Spookeenheid daarvan verdink dat sy hul ondersoek doelbewus in die wiele ry. Kassie weet hy moet haar onskuld bewys.

Intussen word nóg Kaapse vroue wreedaardig vermoor wanneer daar onweer broei.

SKU: 9780795802416 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: Wanneer wolke bloed reën

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 380

OPSOMMING: ’n Berugte reeksmoordenaar jag by stormweer onder die Kaap se vroue, en dis Rooi en Kassie wat hom moet vastrek.

Maar hoe spoor jy ’n miljoenêrontsnappeling op wat die polisie al jare lank ontglip, geen digitale spoor los nie, nie eens ’n selfoon besit nie en hope vals ID’s het? En boonop sy slagoffers se harte steel deur hulle net een kyk te gee?

Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige medeseëlversamelaar.

Om vlerk te sleep is nie vir sissies nie, en sy eie hart is in gevaar. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas by die Spesiale Spookeenheid daarvan verdink dat sy hul ondersoek doelbewus in die wiele ry. Kassie weet hy moet haar onskuld bewys.

Intussen word nóg Kaapse vroue wreedaardig vermoor wanneer daar onweer broei.

SKRYWER: Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al nege uiters gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze, Ys, Medusa, Vloek en Merk, en die komiese romans Hans steek die Rubicon oor en Hans gee Herklaas horings. Kamikaze was die 2018wenner van die ATKV Woordveertjie vir Spanningsfiksie.