Description
SUBTITEL: Ons kom van ver af. God by ons en aan die werk. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe.
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 208
OPSOMMING: Het jy jou al afgevra: “Waar kom ek vandaan?” Of: “Hoe kom ek hier?”
Lukas het die boek Handelinge vir die gemeente in Efese geskryf om lig te werp op hulle ontstaansvraag. Hulle het ongeveer drie geslagte ná Paulus geleef. Hy het hulle gemeente gestig. In die stad Efese is daar Johannes-Christene, en daar is Paulus-Christene, ʼn klein minderheid in ʼn groot stad. Die tydsverloop en die omstandighede laat hulle ook vra: “Wie is ons, en waar kom ons vandaan?”
Lukas beantwoord hierdie vraag in die eerste deel van Handelinge. Hy bevestig dat hulle aan die God van Abraham, Isak en Jakob verbind is. Hulle kom dus van ver af. Hy wys ook vir hulle dat hulle die manier is waarop God verder gaan met die wêreld.
Ons wat vandag leef, kyk baie verder terug as die eerste lesers, maar ook vir ons vertel Handelinge wie ons is en waar ons vandaan kom. En wanneer jy dit raaksien, kry jy nuwe perspektief op jou wêreld en jou plek daarin.
INHOUD
- Wie is ons? (Hand 1:1-2)
- Ons is saam in die Gees (Hand 1:3-11)
- Ons is God se mense (Hand 1:12-26)
- Ons het God se Gees (Hand 2:1-13)
- Ons glo in die opstanding (Hand 2:14-41)
- Ons is diep gewortel (Hand 2:42-47)
- Ons is God se instrumente (Hand 3:1-10)
- Ons vertrou op God (Hand 3:11-26)
- Ons leef, want Jesus leef (Hand 4:1-12)
- Ons doen goed omdat Jesus goed doen (Hand 4:13-22)
- Ons soek skuiling by die Here (Hand 4:23-31)
- Ons het ontsag vir God (Hand 4:32 – 5:11)
- Ons hou aan Jesus vas (Hand 5:12-16)
- Ons leef teen die stroom (Hand 5:17-42)
- Ons soek nie ons eie belang nie (Hand 6:1-15)
- Ons loop in Jesus se voetspore (Hand 7:1-60)
- Ons staan almal op gelyke voet voor God (Hand 8:1-25)
- Ons is baie bly (Hand 8:26-40)
- Ons hoop is op God gevestig (Hand 9:1-19)
- Ten spyte van ons (Hand 9:19-31)
- Ons mag ons nie verhef nie (Hand 9:32-43)
- God deur ons aan die werk (Hand 10:1 – 11:18)
- Ons dien die Here waar ons is (Hand 11:19-30)
- Glo ons? (Hand 12:1-25)
SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.