Description
SUBTITEL: Voorheen Leiersgids Groen Rondte – Graad 4 tot 6
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 64
OPSOMMING: Die leiersgids bevat 19 ontmoetings om kinders van graad 4-6 te begelei om ʼn ontmoeting met God te hê, meer van die Bybel te leer en na te dink oor hoe hulle elke dag kan leef soos die Here in die Bybel van ons vra.
Voorbeeld van Groen Graad 4-6 – Leiersgids
Unieke verkoopspunte
- Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode
- Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting
- Enige werkblaaie in die Leiersgids mag vir die jongmense gefotostateer word
- Die Doenboek vir die jongmense is aangepas met aktiwiteite wat by hulle moderne leefstyl inpas
Inhoud
Die 19 ontmoetings is soos volg ingedeel:
- Afskop
- Daar is ’n aantal byeenkomste oor God:
- Daar is niemand soos God nie!
- God voorsien en ons gaan dien
- God laat alles ten goede meewerk
- Dan is daar ’n aantal byeenkomste oor God se kinders:
- Sonde is sleg, maar die Here maak reg
- Hou moed, want die Here is by jou
- Wees ’n goeie vriend
- Jou lewe praat
- Met wyn en brood vier ons sy dood (Nagmaal)
- Dit word gevolg deur ’n aantal byeenkomste oor God se kinders en ander mense:
- Weet vir wie om te bid
- Help sonder om te spog
- Teen die einde van die jaar gee ons aandag aan God se kinders in God se wêreld:
- Loof die Here vir sy skepping
- Gebruik jou gawes vir die Here se werk
- Leef tot eer van die Here
- Deur die loop van die jaar is daar byeenkomste wat spesifiek oor die feestye van die kerklike jaar handel:
- Lydenstyd
- Opstanding
- Hemelvaart
- Pinkster
- Kersfees
Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.
SKRYWER: Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.