Graad 3 – Doenboek – Ek is deel van God se groot verhaal

R80.00

HERSIENBARE WEERGAWE

Voorheen Handboek vir die kategeet – Graad 3

Die reeks Kennis-kategese vervang die bekende reeks boeke wat deur die Kategese-taakspan van die Sinode ontwikkel is. Kennis-kategese is vir gemeentes wat kies om in hulle kategese bewustelik op die oordrag van inhoud (Bybelkennis) te fokus.

Die volledige reeks boeke sal met verloop van drie jaar verwerk, bygewerk en vernuwe word. Die temas wat in elke boek aangeraak word, bly presies dieselfde. Die aanbieding van die ontmoetings is vereenvoudig en die Doenboek is verwerk sodat kinders daarby aanklank kan vind.

Voorbeeld van Graad 3 – Doenboek

 

SKU: 9781920089832 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Voorheen My Doenboek Graad 3

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 52

OPSOMMING: Die leiersgids bevat 19 ontmoetings om kinders van graad 3 te begelei om ʼn ontmoeting met God te hê, meer van die Bybel te leer en elke dag vir die Here te leef. Elke ontmoeting gaan oor ʼn spesifieke onderwerp soos die skepping, Lydenstyd, Paasfees, die aartsvaders en Jesus se lewe. By elke ontmoeting is daar ʼn aktiwiteit wat die kinders tydens die kategese-byeenkoms of by die huis kan doen. In die Doenboek wat saam met hierdie leiersgids gebruik word, is daar ook elke week ʼn inkleurprent vir die kinders wat by die onderwerp van die ontmoeting aansluit.

Voorbeeld van Graad 3 – Doenboek

Unieke verkoopspunte

  • Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode
  • Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting
  • Die Doenboek vir die kinders is aangepas met aktiwiteite wat by hulle ontwikkelingsvlak inpas

INHOUD

Die leiersgids bestaan uit 19 ontmoetings wat soos volg ingedeel word:

Tema 1 – Die Here en jy

  1. Die Here het jou goed gemaak
  2. Oppas!

 Tema 2 – Jy en ander mense

  1. Vergewe ander mense
  2. Help ander mense

 Tema 3 – Paasfees

  1. Onskuldig veroordeel (Lydenstyd)
  2. Ons glo, al sien ons nie (Opstanding)

 Tema 4 – Hemelvaart

  1. Vertel vir almal van Jesus

 Tema 5 – Pinkster

  1. Die wonder van Pinkster

 Tema 6 – Kinders van God

  1. Riglyne vir jou lewe
  2. Die Here gee jou krag
  3. Vertrou op die Here
  4. Die Here hoor jou hart
  5. Ons bou saam
  6. Wat het Jesus gedoen?
  7. Dien soos Jesus
  8. ʼn Boodskapper vir Jesus
  9. Wees gereed

 Tema 7 – Kersfees

  1. God maak die pad gereed
  2. Loof die Here, want Jesus is gebore

Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.

SKRYWER

Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.