Description
SUBTITEL: Voorheen My Doenboek Graad 3
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 44
OPSOMMING:
In hierdie Doenboek ontdek die kinders:
- wie God is en wat God doen
- hoe wonderlik God hulle gemaak het
- hoe hulle deel van God se groot verhaal vorm
- hoe hulle al hoe meer soos Jesus kan word.
By elke ontmoeting is daar ʼn aktiwiteit wat die kinders kan doen en ʼn prent wat hulle kan inkleur.
Voorbeeld van Graad 3 – Leiergids
Graad 3 Doenboek word gebruik saam met Graad 3 Leiersgids.
Unieke verkoopspunte
- Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode
- Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting
- Die Doenboek vir die kinders is aangepas met aktiwiteite wat by hulle ontwikkelingsvlak inpas
INHOUD
Die leiersgids bestaan uit 19 ontmoetings wat soos volg ingedeel word:
Tema 1 – Die Here en jy
- Die Here het jou goed gemaak
- Oppas!
Tema 2 – Jy en ander mense
- Vergewe ander mense
- Help ander mense
Tema 3 – Paasfees
- Onskuldig veroordeel (Lydenstyd)
- Ons glo, al sien ons nie (Opstanding)
Tema 4 – Hemelvaart
- Vertel vir almal van Jesus
Tema 5 – Pinkster
- Die wonder van Pinkster
Tema 6 – Kinders van God
- Riglyne vir jou lewe
- Die Here gee jou krag
- Vertrou op die Here
- Die Here hoor jou hart
- Ons bou saam
- Wat het Jesus gedoen?
- Dien soos Jesus
- ʼn Boodskapper vir Jesus
- Wees gereed
Tema 7 – Kersfees
- God maak die pad gereed
- Loof die Here, want Jesus is gebore
Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.
SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.