Description
SUBTITEL: Voorheen My Doenboek Graad 2
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 44
OPSOMMING:
In hierdie Doenboek ontdek die kinders:
- wie God is en wat God doen
- hoe wonderlik God hulle gemaak het
- hoe hulle deel van God se groot verhaal vorm
- hoe hulle al hoe meer soos Jesus kan word.
By elke ontmoeting is daar ʼn aktiwiteit wat die kinders kan doen en ʼn prent wat hulle kan inkleur.
Voorbeeld van Graad 2 – Doenboek
Graad 2 Doenboek word gebruik saam met Graad 2 Leiersgids.
Unieke verkoopspunte
- Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode
- Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting
- Die Doenboek vir die jongmense is aangepas met aktiwiteite wat by hulle moderne leefstyl inpas
INHOUD
Die leiersgids bestaan uit 18 ontmoetings wat soos volg ingedeel word:
- Dit begin met ʼn ontmoeting waar die kinders verwelkom en die nodige administratiewe sake afgehandel word.
- Daar is daar twee ontmoetings oor die skepping:
- God maak die plante en die diere
- Noag en die nuwe begin
- Dit word gevolg deur twee ontmoetings oor die aartsvaders:
- Abraham leer om te vertrou
- Moses is bang, maar die Here gebruik hom steeds
- Daar is ontmoetings wat spesifieke oor die feestye van die kerkjaar handel:
- Jesus vergewe (Lydenstyd)
- Jesus leef (Opstanding)
- Jesus maak vir ons plek (Hemelvaart)
- Getuies vir Jesus (Pinkster)
- Dit word opgevolg deur ʼn paar ontmoetings oor hoe God is:
- God doen wat Hy belowe
- Vertrou op God
- God hoor ons gebede
- God is uniek
- Dan is daar ontmoetings oor Jesus:
- Volgelinge van Jesus
- Jesus is die sterkste
- Jesus beskerm en gebruik ons
- Aan die einde van die jaar is daar twee ontmoetings oor Kersfees:
- Jesus word vereer
- Gee vir ander
Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.
SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.