GPS vir my lewe

R70.00

Hierdie produk is nou digital beskikbaar op missio.org.za.

Die lewe is ’n reis. Baie mense probeer dit alleen aanpak. Ander besef dat ’n mens hulp en leiding nodig het. Vir ons as Christene is Jesus Christus ons Leier. En die Bybel is ons padkaart – of in vandag se taal, ons GPS.

Out of stock

SKU: 9781920089184 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 55

OPSOMMING: Hierdie produk is nou digital beskikbaar op missio.org.za.

Die lewe is ’n reis. Baie mense probeer dit alleen aanpak. Ander besef dat ’n mens hulp en leiding nodig het. Vir ons as Christene is Jesus Christus ons Leier. En die Bybel is ons padkaart – of in vandag se taal, ons GPS.

Met hierdie 24 ontmoetings het ons probeer om vir jou ’n paar rigtingwysers te gee om op jou reis te gebruik. Ons weet ons het nie al die antwoorde op die lewe se vrae en uitdagings nie. Maar ons hoop dat deur daaroor te praat, jy sal ontdek dat Jesus nie eenkant staan nie, maar regtig deel van jou lewe en reis wil wees.

GPS vir my lewe is ’n werkboek waarin jy jou gedagtes kan neerskryf en aantekeninge kan maak oor wat jy alles vir jou reis nodig het. Ons hoop dat dit vir jou ’n jaar van ontdekking sal wees – en dat jou GPS, die Bybel, jou by bestemmings sal uitbring wat jy nie gedink het moontlik is nie.

INHOUD

1. Op pad!: ’n Afskopontmoeting vir die jaar

2. GPS vir my lewe: Die Bybel gee vir my rigting in my lewe

3. Praat én luister: God en ek gesels gereeld

4. Sê jou sê!: Hoe om te sê wat jy glo

5. Brood sonder vervaldatum: Wat maak jou werklik gelukkig?

6. Wat laat my tiek?: ’n Lewe wat deur waardes gedryf word

7. Wie kan betaal?: Hoe raak Jesus se lyding my lewe?

8. Die sonde loer … : Sonde is om jou doel te mis

9. En as alles te veel word?: Hoe cope ek met depressie en selfmoord?

10. God se spieël: Die verhaal van God se wet

11. God se plan: Die verhaal van jou verlossing

12. Kyk, dink en bly leef!: Wat maak ek met my vrae en twyfel?

13. Sien is glo?: Wat beteken dit om te sê: “Ek glo”?

14. ’n Foto vir altyd: Die nagmaal help ons onthou

15. Drie maar net Een?: Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

16. Vliegies met sokkies: God se asemrowende skepping

17. Wat maak ek met die seer?: Hoe cope ek met die moeilike stuff in my lewe?

18. ’n Droomvakansie wat nooit ophou nie: ’n Fees om Jesus se opstanding te vier

19. God wat gedagtes lees, hare tel en voëls kyk: Hoe is God by my lewe betrokke?

20. “I’ll be back”: Jesus kom terug om my te kom haal

21. Kies reg: Hoekom is my keuses so belangrik?

22. Die geur van God in ons: God woon met ’n doel onder ons en in ons

23. Wat kos Kersfees my?: Die dieper betekenis van Kersfees

24. My brief vir God: Ons kyk terug en sê dankie