Description
SUBTITEL: 5 Waarhede om aan te kleef
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 80
OPSOMMING: Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en ’n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende wêreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om:
• Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan.
• Antwoorde op hul geestelike vrae te vind.
• Beter lewenskeuses te maak.
In die stukkende wêreld waarin ons lewe ervaar baie mense trauma en verwarring. Hierdie gids gee tieners die hulpmiddels wat hulle nodig het om hul wêreld weer heel te maak. Hierdie boek bevat antwoorde op belangrike vrae, ruimte vir self-refleksie en vrae om die leser verder te laat dink en antwoorde in die Bybel te soek. Dit alles maak hierdie boek ideaal vir alleen gebruik vir ’n tiener, sowel as ’n waardevolle hulpbron vir die jeugbediening en Sondagskool.
SKRYWER: Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibië gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 ’n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy ’n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.