Description
SUBTITEL: Sien jouself soos God jou sien/ 40 Genade-geskenke van God aan jou
FORMAAT: PDF
AANTAL BLADSYE: 312
OPSOMMING: Hierdie boek help jou om elke dag met nuwe oë na jou lewe te kyk. Én dit gee jou ‘n kykie op God se glimlag oor jou. In dié saamgeselsgids gee Ewald van Rensburg vir jou ‘n verrassingspakkie oor wie jy in Christus is. Maak jou veelkleurige geskenk oop en ontdek:
• God het eerste na jou uitgereik.
• Jy is vir God baie spesiaal.
• God gee baie om wat van jou word.
• Jy as mens het baie waarde in God se oë.
Goeie genade, jy is spesiaal! het reeds in 2002 verskyn. Toe so baie mense oor die land heen navraag oor die boek gedoen het, het die skrywer weer na die inhoud gekyk. In die proses het hy ses nuwe hoofstukke bygeskryf. By die meeste hoofstukke het hy ook splinternuwe inhoud bygewerk. Sy gebed is dat hierdie boek nog baie mense se lewe sal aanraak sodat hulle hulleself as baie spesiaal deur God se sagte oë sal ervaar.
INHOUD
Voorwoord
Deel 1: Goeie genade, jy is spesiaal!
Met temas soos:
Jy is uit genade gered
Jy is deur genade herwin
Deel 2: Goeie genade, kyk wie ís jy!
Met temas soos:
Jy is ? kind van God
Jy is gedoop
Jy is ? nuwe mens
Jy is meer as ? wenner
Jy is ? vriend van Jesus Christus
Jy is beeld van God
Jy is familie van God
Deel 3: Goeie genade, kyk al jou geskenke!
Met temas soos:
Jy is vergewe
Jy is versorg deur God
Jy is sterk in die Here
Jy is gered deur Jesus se wonde
Deel 4: Goeie genade, kyk wat kan jy (Hy) doen!
Met temas soos:
Jy is die sout vir die aarde
Jy is die lig vir die wêreld
Jy is ? ambassadeur vir Christus
Jy is ? barmhartige – iemand met sagte oë
Slot: Goeie genade, kyk na jou Leermeester!
Jy word gelei deur die Gees om te leef soos Jesus
Nawoord
Bylae: Die Seisoen van Menswaardigheid
SKRYWER
Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug- en familiebediening. Hy is predikant by die Somerset-Wes Familiekerk in die Wes-Kaap. Hy het al heelwat boeke geskryf én pryse daarvoor ontvang.