Description
SUBTITEL: Oor die tekens van God se trou.
FORMAAT:Elektroniese boek in die ePub-formaat.
BLADSYE: 144 in die geval van die sagteband.
OPSOMMING VAN INHOUD:
Luther het vertel hoe vreesbevange die gedagte aan Gods geregtigheid hom altyd gemaak het. Hoe kan ’n sondige mens vol ongeregtigheid staande bly voor die oordeel van Gods geregtigheid? Dit was die vraag wat Luther diep verontrus het. Daarom sy bekende vraag: “Hoe vind ek ’n genadige God?” Die Kerkhervorming het begin daardie dag toe Luther se oë geopen is vir die feit dat Gods geregtigheid in werklikheid goeie nuus is. Toe hy besef het dat daar ’n baie hegte verband bestaan tussen Gods geregtigheid en Christus se geloof.
Flip Theron konsentreer op die Griekse uitdrukking pistis Christou, wat op twee maniere vertaal kan word, naamlik as “(ons) geloof in Christus”, of, meer letterlik, as “die geloof van Christus” (dit wil sê, “Christus se geloof”). Eeue lank het die eerste vertalingskeuse algemene voorkeur geniet, maar deesdae word gepraat van ’n konsensus vir die tweede moontlike vertaling.
Daarom het almal wat behoefte het aan troos ook alle rede om hulle in Gods geregtigheid te verbly. Ons hoef nie ons sekerheid te bou op óns geloof nie, maar wel op Góds geregtigheid wat tot uitdrukking kom in Christus se geloof. Soos Paul Althaus dit stel: “Of ek glo, dit weet ek nie, maar ek weet in Wié ek glo.”
[Dr Bram van de Beek se preek by die begrafnisdiens van wyle prof Theron is in die boek opgeneem.]
INHOUD
Deel 1: Oordeel en verlossing
Die beker van Gods grimmigheid in die tuin van Getsemane
Die trane van Gods oordeel en die lag van sy verlossing
Gods alwetendheid en ons gewete
Deel 2: Gods geregtigheid en Christus se geloof
Geregtigheid vir die geringes
Christus, die regverdige, sal uit die geloof lewe
Christus se geloof as openbaring van Gods geregtigheid en trou
Geloofsgemeenskap as teken van Gods ryk van geregtigheid
Deel 3: Woord en sakrament as heilsmiddele
Die (kinder)doop as teken van Gods ryk van genade
Die doop red?
Gods verkiesing verkondig Hy is nie kieskeurig nie
Preek by geleentheid van Stephan François Theron se doop,br> Die skinker se beker en die bakker se brood
Stefanus as getuie
Preek by geleentheid van Johann Theron se ordening tot predikant.
UITGEWER: Bybel-Media
SKRYWER:
Flip Theron was predikant van die NG gemeentes Rietfontein en Stellenbosch-Welgelegen voordat hy dosent en later professor in Sistematiese Teologie in die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch geword het. Hy het in 2003 afgetree. Prof Theron het meer as 40 artikels oor teologiese onderwerpe gepubliseer, asook meditasies in Die Burger en Beeld en populêre bydraes in kerklike tydskrifte. Sy vorige publikasies sluit in: Vreemde gemeenskap (met WD Jonker 1979); Onbegrensde genade (1983); Vreemde geregtigheid (met WD Jonker 1983); God se somer kom (1984); Vreemde bevryding (met WD Jonker 1989) en Die somer kom saggies (1996). Gods geregtigheid en Christus se geloof is kort voor sy dood voltooi.