God se verhaal

R210.00

God se verhaal, ‘n Bybelreis vir Tieners is geskryf deur die bekende skrywer Susan Goosen. Susan spesialiseer in die geloofsvorming van kinders en jongmense en geloofsgroei binne gesinne. Benewens haar gereelde artikels in Christelike tydskrifte, het sy reeds verskeie boeke geskryf, soos die Vertel-Vertel! reeks en die pragtige Kinderbybel Vertel my meer. Haar boeke is in verskillende Suid Afrikaanse tale vertaal.

God se verhaal bestaan uit 150 dagstukkies wat tieners op ‘n avontuurlike reis deur die Bybel neem. In heerlike verteltrant word die hele verhaal van God se liefdesverhouding met mense vertel, vanaf die skepping, God se reis met Israel, die goeie nuus van die Seun van God se koms aarde toe, die werk van die Heilige Gees, en die roeping van die kerk (ons as gelowiges), totdat die Here Jesus eendag weer kom. Die vertellings maak die leser deel van die Bybelse verhaal, en die verhaal word deel van ons lewe. Dit help ons om te ontdek hoe groot en goed die Here is, maar leer ons ook hoe die Here wil hê dat ons sal lewe. Dit help antwoorde gee op lewensvrae, dit troos, gee hoop en inspireer. Dis deeglik geskryf, elke woord geweeg. Die boek kan gebruik word tydens gesinstyd met God, in persoonlike stiltetyd, maar selfs ook as handige hulpmiddel by kategese.

SKU: 9781868045273 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: ‘n Bybelreis vir Tieners

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 160

OPSOMMING: God se verhaal, ‘n Bybelreis vir Tieners is geskryf deur die bekende skrywer Susan Goosen. Susan spesialiseer in die geloofsvorming van kinders en jongmense en geloofsgroei binne gesinne. Benewens haar gereelde artikels in Christelike tydskrifte, het sy reeds verskeie boeke geskryf, soos die Vertel-Vertel! reeks en die pragtige Kinderbybel Vertel my meer. Haar boeke is in verskillende Suid Afrikaanse tale vertaal.

God se verhaal bestaan uit 150 dagstukkies wat tieners op ‘n avontuurlike reis deur die Bybel neem. In heerlike verteltrant word die hele verhaal van God se liefdesverhouding met mense vertel, vanaf die skepping, God se reis met Israel, die goeie nuus van die Seun van God se koms aarde toe, die werk van die Heilige Gees, en die roeping van die kerk (ons as gelowiges), totdat die Here Jesus eendag weer kom. Die vertellings maak die leser deel van die Bybelse verhaal, en die verhaal word deel van ons lewe. Dit help ons om te ontdek hoe groot en goed die Here is, maar leer ons ook hoe die Here wil hê dat ons sal lewe. Dit help antwoorde gee op lewensvrae, dit troos, gee hoop en inspireer. Dis deeglik geskryf, elke woord geweeg. Die boek kan gebruik word tydens gesinstyd met God, in persoonlike stiltetyd, maar selfs ook as handige hulpmiddel by kategese.

SKRYWER: Susan Goosen