God se meisiekind

R119.96

Jong meisies wonder soms: Wie is ek? Dit verras hulle dikwels om te ontdek hulle is nie wie ander sê hulle is of wie hulle dalk self dink hulle is nie. Net God weet wie ons elkeen werklik is. In haar inspirerende dagboek God se meisiekind help Wynter Pitts ampertiener-meisies om God se waarhede hieroor raak te sien.

SKU: 9781431618552 Category:

Description

SUBTITEL: 52 inspirerende dagstukke help ampertienermeisies hulle ware self in God ontdek.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 160

OPSOMMING: Jong meisies wonder soms: Wie is ek? Dit verras hulle dikwels om te ontdek hulle is nie wie ander sê hulle is of wie hulle dalk self dink hulle is nie. Net God weet wie ons elkeen werklik is. In haar inspirerende dagboek God se meisiekind help Wynter Pitts ampertiener-meisies om God se waarhede hieroor raak te sien.

In 52 dagstukkies ontdek hulle:
• Wie God hulle gemaak het om te wees
• Hoe uniek en spesiaal hulle is
• Hoe hulle in hierdie wêreld pas
Ampertiener-meisies sal ontdek daar is niks meer bevredigend as om elke dag tyd saam met God deur te bring en die goddelike eienskappe van vriendelikheid, gehoorsaamheid en getrouheid uit te leef nie. God se meisiekind sal jong meisies help om hulleself deur God se oë te sien en sy waarhede toe te laat om ’n werklike verskil in hulle lewens te maak.

SKRYWER
Wynter Pitts is die stigter van For Girls Like You, ’n bediening van jong meisies toerus om werklik uit te leef wie God hulle geskep het om te wees en ouers toerus om sterk Christus-volgelinge groot te maak wat God se plan vir hulle lewe uitleef. Sy woon in Dallas, Texas, saam met haar man, Jonathan, en hulle vier dogters.