Description
SUBTITEL: Voorheen Leiersgids Oranje Rondte – Graad 4 tot 6
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 88
OPSOMMING: Die leiersgids bevat 22 ontmoetings om kinders van graad 4-6 te begelei om ʼn ontmoeting met God te hê, meer van die Bybel te leer en na te dink oor hoe hulle elke dag kan leef soos die Here in die Bybel van ons vra.
Voorbeeld van Oranje Graad 4-6 – Leiersgids
Unieke verkoopspunte
• Spesifiek ontwikkel vir kategese deur die Kategese-taakspan van die Sinode
• Leiersgids bevat die volledig uitgewerkte aanbieding van elke ontmoeting
• Enige werkblaaie in die Leiersgids mag vir die jongmense gefotostateer word
• Die Doenboek vir die jongmense is aangepas met aktiwiteite wat by hulle moderne leefstyl inpas
Inhoud
Die 22 ontmoetings is soos volg ingedeel:
• Ons begin met ʼn ontmoeting waar die kinders verwelkom en die nodige administrasie afgehandel word.
• Daar is ʼn paar ontmoetings oor God: wie God is en wat God doen.
o God is groot
o God voorsien
o God is heilig
o God sorg vir ons
• Dan is daar ontmoetings wat spesifiek oor die feestye van die kerklike jaar handel sodat ons voorbereid is vir hierdie wonderlike geleenthede:
o Lydenstyd
o Opstanding
o Hemelvaart
o Pinkster
• Dit word opgevolg met ʼn paar ontmoetings oor ons identiteit en leefstyl as God se kinders:
o Ons is vergewe
o Ons werk vir die Here
o Ons is gedoop
o Ons is verbondskinders
o Ons sit aan God se tafel
• Dit word gevolg deur ʼn paar ontmoetings oor ons verhouding met ander mense:
o Ons gee om vir mekaar
o Ons bid vir mekaar
o Ons kan vra – die Here luister
o Ons is vriende met ander
• Teen die einde van die jaar gee ons aandag aan God se kinders in God se wêreld:
o Loof God vir sy skepping
o Pas God se wêreld op
o Doen alles vir die Here
o Dit is Kersfees
Die ontmoetings word aangebied volgens ʼn vaste struktuur met die volgende elemente:
• Omgee
• Insig
• Nadenke
• Uitleef
Elke ontmoeting sluit af met gebedstyd.
SKRYWER
Johannes Mouton se droom is dat mense die ongeforseerde ritme van genade sal ontdek. Daarom wil hy inklusiewe ruimtes skep waar elkeen sal besef dat God oor hulle jubel en juig en deur hulle ʼn verskil in die wêreld kan en wil maak. Vir hom is menswees, potensiaal, gestuur-wees, diversiteit, egtheid en inklusiwiteit belangrike konsepte. Hy is getroud met Jalize, en hulle en hulle twee seuns, Christiaan en Migael, woon in Table View, Kaapstad.