Glam-divas Omnibus

R290.00

Stylvol en swierig

Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Noudat hulle in graad tien is, weet hulle presies wat die skool nodig het: ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie.

Tussen die agentskap, meisies wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle knieë lam maak, is daar nooit ’n vervelige oomblik nie.

Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een lekkerlees-omnibus.

SKU: 9780639600420 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Talia, Didi, Lienka

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 552

OPSOMMING: Stylvol en swierig

Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Noudat hulle in graad tien is, weet hulle presies wat die skool nodig het: ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie.

Tussen die agentskap, meisies wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle knieë lam maak, is daar nooit ’n vervelige oomblik nie.

Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een lekkerlees-omnibus.

SKRYWER: Solet Scheeres is die skrywer van die gewilde Klub 17 reeks vir tieners wat gepubliseer is van 1998-2000, asook die Glam-divas reeks van 2011-2013. In 2017 publiseer sy ook die kinderboek Die leeutemmer se assistent. Sy word wyd erken as `n Suid-Afrikaanse kinderboekdeskundige. Haar stokperdjies sluit in lees, tuinmaak en die versamel van verskillende uitgawes van Alice in Wonderland. Solet was werksaam by die SABC waar sy `n reeks programme ontwikkel het wat gemik was op geletterdheid en sy het deeltyds klas gegee by Universiteit van Johannesburg. Sy, haar man en drie kinders immigreer in 2004 na Nederland waar hulle tans nog woon. Solet hou van jeugboeke en kinderboeke omdat daar ’n opregtheid in is wat volwasse lesers nie meer geniet nie.