Gesprekskaarte

R250.00

Die meer as 100 gesprekskaarte is ʼn handige hulpmiddel vir elke gemeenteleier, predikant of jeugwerker. Dit is ʼn kreatiewe en speelse manier om gesprek aan die gang te kry of om gesprekke na ʼn dieper vlak te laat oorgaan.

Die stel volkleurkaarte kom saam met ses voorstelle hoe dit gebruik kan word. Die verskillende voorstelle maak dit moontlik om die gesprekskaarte in kleingroepe en jeuggroepe, by Bybelskole en kampe en in persoonlike gesprekke te gebruik.

Op elke kaart is daar ʼn simbool of prentjie wat die deelnemers aan die gesprek op hulle eie manier kan interpreteer. Omdat daar nie regte of verkeerde antwoorde is nie, kan deelnemers deur vrye assosiasie kies wat hulle in die prentjies “sien” en op grond daarvan hulle verhale deel.

SKU: Gesprekskaartte Categories: ,

Description

FORMAAT: Meer as 100 gesprekskaarte

BESKRYWING: Die meer as 100 gesprekskaarte is ʼn handige hulpmiddel vir elke gemeenteleier, predikant of jeugwerker. Dit is ʼn kreatiewe en speelse manier om gesprek aan die gang te kry of om gesprekke na ʼn dieper vlak te laat oorgaan.

Die stel volkleurkaarte kom saam met ses voorstelle hoe dit gebruik kan word. Die verskillende voorstelle maak dit moontlik om die gesprekskaarte in kleingroepe en jeuggroepe, by Bybelskole en kampe en in persoonlike gesprekke te gebruik.

Op elke kaart is daar ʼn simbool of prentjie wat die deelnemers aan die gesprek op hulle eie manier kan interpreteer. Omdat daar nie regte of verkeerde antwoorde is nie, kan deelnemers deur vrye assosiasie kies wat hulle in die prentjies “sien” en op grond daarvan hulle verhale deel.

Spesiale kenmerke:

  • Die gesprekskaarte is geskik vir jongmense (van ongeveer 16 en ouer) en volwassenes.
  • Die gebruikers knip self die kaarte uit voordat hulle die produk begin gebruik.
  • Al die kaarte is in volkleur op ligte, duursame karton gedruk.