Geseënd is die wat treur

R220.00

“Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.” Matteus 5:4

Hoewel verlies en dood universieel is, hanteer elkeen dit anders. Christene se groot troos is dat God daar is in hulle pyn vir troos. In Geseënd is die wat treur beskryf verskillende mense hul eie ervarings met verlies, rou en die dood. Onder andere skryf Jeanette Ferreira oor die dood van haar lewensmaat, Marzanne Leroux-van der Boon oor die dood van haar suster. Dan is daar ook stories oor die doodgewone: drie uiteenlopende gemeentelede wat nie meer die Sondag in die kerk is nie en die begrafnis van ‘n harde man.

Daar is ook ander tipe verliese: ‘n verlies aan onskuld en die verlies aan die moontlikheid van ‘n nageslag. Die stories is neergepen deur skrywers, teoloë en gewone mense wat deur verlies geraak is. Ons Christene se grootste troos bly egter dat daar lewe na die dood is: daar is ‘n weersiens. Agter in die boek is ‘n lys van tekste wat jy in jou Bybel kan gaan naslaan vir verskeie situasies.

SKU: 9780796322838 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Jy is nie alleen in jou verlies nie

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: “Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.” Matteus 5:4

Hoewel verlies en dood universieel is, hanteer elkeen dit anders. Christene se groot troos is dat God daar is in hulle pyn vir troos. In Geseënd is die wat treur beskryf verskillende mense hul eie ervarings met verlies, rou en die dood. Onder andere skryf Jeanette Ferreira oor die dood van haar lewensmaat, Marzanne Leroux-van der Boon oor die dood van haar suster. Dan is daar ook stories oor die doodgewone: drie uiteenlopende gemeentelede wat nie meer die Sondag in die kerk is nie en die begrafnis van ‘n harde man.

Daar is ook ander tipe verliese: ‘n verlies aan onskuld en die verlies aan die moontlikheid van ‘n nageslag. Die stories is neergepen deur skrywers, teoloë en gewone mense wat deur verlies geraak is. Ons Christene se grootste troos bly egter dat daar lewe na die dood is: daar is ‘n weersiens. Agter in die boek is ‘n lys van tekste wat jy in jou Bybel kan gaan naslaan vir verskeie situasies.

SKRYWER: Susan Jordaan is die uitgewer van Lux Verbi. Lux Verbi, ’n Christelike druknaam van produkte met ’n evangeliese fokus, het ontstaan uit die oudste uitgewersmaatskappy in Suid-Afrika, NG Kerk-Uitgewers, wat in 1818 gestig is.