Genooi om te volg Pakket

R200.00

GENOOI OM TE VOLG: Hierdie boek wil jou help om Jesus beter te leer ken. Onthou egter dat lees net ’n begin is, want ons leer Jesus werklik ken deur Hom te volg. Hy nooi ons dan ook om agter Hom aan te kom en neem ons stap vir stap deur die lewe. Dikwels lei Jesus anders as wat ons verwag; telkens neem Hy ons waar ons nie wil wees nie.

GENOOI OM TE VOLG – BYBELSTUDIE: Dis ‘n waagstuk om ja te sê vir Jesus. Dié 12 Bybelstudies wil jou daarom help om nie net meer oor Jesus en jou beeld van Jesus na te dink nie, maar om Hom ook al hoe meer by jou lewenservarings in te laat en Hom daar te volg.

SKU: GenooiOmTeVolgPakket Categories: ,

Description

SUBTITEL: Boek: Ervaar die lewe van die aardse Jesus. ʼn Gespreksgids vir groepe.
  Bybelstudie: Ervaar die lewe van die aardse Jesus. ʼn Gespreksgids vir groepe.

FORMAAT: 2 boeke

AANTAL BLADSYE: Boek – 92 / Bybelstudie 136

GENOOI OM TE VOLG: Hierdie boek wil jou help om Jesus beter te leer ken. Onthou egter dat lees net ’n begin is, want ons leer Jesus werklik ken deur Hom te volg. Hy nooi ons dan ook om agter Hom aan te kom en neem ons stap vir stap deur die lewe. Dikwels lei Jesus anders as wat ons verwag; telkens neem Hy ons waar ons nie wil wees nie.

GENOOI OM TE VOLG – BYBELSTUDIE: Dis ‘n waagstuk om ja te sê vir Jesus. Dié 12 Bybelstudies wil jou daarom help om nie net meer oor Jesus en jou beeld van Jesus na te dink nie, maar om Hom ook al hoe meer by jou lewenservarings in te laat en Hom daar te volg.

SKRYWER
Willem Nicol het ʼn doktorsgraad in Nuwe Testament en in Sistematiese Teologie. Hy was 33 jaar lank studenteleraar vir die NG Kerk in Pretoria. Daarna het hy ‘n vryskutpredikant geword om op die kontemplatiewe kant van spiritualiteit te fokus. Hy het reeds nege boeke oor hierdie onderwerp gepubliseer. Willem het ʼn passie vir ‘n leefstyl met ʼn bewussyn oop vir die Here. Hy is getroud met Joke en hulle het drie getroude kinders.