Geniet God!

R220.00

Deon Loots se boek Geniet God! Gesels saam oor dissipelskap handel oor ‘n kernaspek van dit waartoe Christus ons elkeen roep: om navolgers van Hom te wees, dissipels. Ons behoort in hierdie dae veel meer oor hierdie sentrale element van Christen-wees te gesels. In ons kerke word dissipelskap dikwels sommer net geïgnoreer, asof al wat saak maak eintlik net ons kerklidmaatskap, ons voorspoed of geloofsekerheid oor ons hemelse bestemming is.

Description

SUBTITEL: Gesels saam oor dissipelskap

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 168

OPSOMMING: Deon Loots se boek Geniet God! Gesels saam oor dissipelskap handel oor ‘n kernaspek van dit waartoe Christus ons elkeen roep: om navolgers van Hom te wees, dissipels. Ons behoort in hierdie dae veel meer oor hierdie sentrale element van Christen-wees te gesels. In ons kerke word dissipelskap dikwels sommer net geïgnoreer, asof al wat saak maak eintlik net ons kerklidmaatskap, ons voorspoed of geloofsekerheid oor ons hemelse bestemming is.

Wanneer dissipelskap wel beklemtoon word, word dit meermale as ‘n soort plig voorgehou, ‘n stel eise waaraan ons moet voldoen. Om ‘n dissipel te wees verg dus ‘n soort geloofsprestasie waarvoor ons beloon sal word, dink ons. In hierdie boek word daar egter vanuit ‘n verrassende nuwe hoek oor dissipelskap nagedink. Soos die titel aandui, is die klem op die genot daarvan om in verhouding met die Here te lewe, die vreugde en verwondering van ‘n lewe in oorgawe aan die God van genade.

Deon Loots wy die afgelope dekades al sy hele bediening aan nadenke oor en begeleiding in dissipelskap. Sy boek oor dissipelskap is dus deurdag, Bybels begrond, en veral ook eg deurleef. Dit is uitstekend geskryf; die leser, elke gelowige, sal diep daardeur geraak … en verander word.

SKRYWER: Deon Loots is op Upington gebore, maar het in die Bo-Karoo grootgeword. Aan die Universiteit van Stellenbosch behaal hy van 1977 tot 1984 BA, BTh en MTh. Daarna is hy Jeugleraar in Reformed Church in Zambia tot 1991. Hy dien as leraar van die NG Kerk Somerstrand vanaf 1992 tot 2014, aanvanklik as studenteleraar, maar ook as gemeenteleraar. Hy fokus veral op dissipelskap en sedert 2014 is hy Retraite leier en Geestelike begeleier by die Shama Retraite Sentrum in die Oos-Kaap.