Description
SUBTITEL: Aardjie na sy vaartjie? Die verhaal van Jakob en Josef. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSY: 248
OPSOMMING: Jakob en Josef – pa en seun, dag en nag, bedrieër en volmaakte, en dan nog die hele moeilike familie.
In die verhaal van Jakob en Josef en hulle familie sal jy jouself én die wonderlike God raaklees. Die God wat vir Jakob kies en Esau nie verwerp nie, wat Josef in staat stel om bo sy gebroke familie uit te styg.
Dit is ’n verhaal van groot foute wat tog reggemaak kan word, van mense wat kan vergewe en heelmaak omdat God dit moontlik maak.
INHOUD
Agtergrond: Skepping tot ballingskap
Op pad (Gen 28:10-22)
Genade ten spyte van (Gen 29:1-30)
’n Vat vol vonke (Gen 29:31 – 30:24)
Wind van voor (Gen 30:25 – 31:13)
Die Here wis niemand uit nie (Gen 31:14-32)
God steek grense oor (Gen 31:33-55)
Deur dié drif (Gen 32:1-32)
Ware kleure (Gen 33:1-20)
’n Selfsugtige agenda (Gen 34:1-31)
Deur oppe en affe (Gen 35:1-22)
God se seën kring uit (Gen 35:22 – 36:43)
Allesbehalwe ideaal (Gen 37:1-36)
Bose kringloop beëindig (Gen 38:1-30)
Voorspoed op voorspoed (Gen 39:1-23)
Sonder enige rede (Gen 40:1-23)
Uitkoms vir die hele wêreld (Gen 41:1-57)
Van ontken tot erken (Gen 42:1-38)
Oogklappe aan (Gen 43:1-34)
Erken én bely (Gen 44:1-34)
Vergewe en versoen (Gen 45:1-28)
In allerhande omstandighede (Gen 46:1-34)
Oorvloed in skaarste (Gen 47:1-31)
Onbeskryflik groot! (Gen 48:1-22)
God tussen die lyne (Gen 49:1-33)
Wees gerus, weet verseker (Gen 50:1-26)
SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.