Genesing vir elke vrou

R169.00

Ontvang genesing vir jou emosionele wonde en ontdek jou lewensdoel as God se dogter in hierdie 90-dae-dagstukkieboek deur die internasionaal-bekende Joyce Meyer.

Genesing vir elke vrou dagstukkies delf diep in Joyce Meyer se eie lewensverhaal en haar reis na genesing. Ten spyte van jare se mishandeling, verwerping en verraad deur die mense die naaste aan haar, glo Joyce dat elke vrou wat diep seergekry het deur lewensomstandighede, ten volle genees kan word in hart en siel. Haar onwankelbare aanspraak het ontstaan uit haar reis na genesing van haar eie siel, en ook die pad wat sy gestap het met soveel vroue wat nie wou glo dat hulle hul pyn ten volle sou oorwin en wat riglyne in die lewegewende wysheid van die Bybel gevind het nie.

Joyce neem jou op ’n 90-dae-reis om jou te bemoedig deur die lewe se struikelblokke om jou ware lewensdoel te bereik. Die Here kan jou pyn genees, en Hy wil dit in jou hart doen. Laat Genesing vir elke vrou dagstukkies jou inspireer op jou pad na die wonderlike, vreugdevolle toekoms wat God vir jou beplan het!

SKU: 9781415342077 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: 90 inspirerende dagstukkies

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 192

OPSOMMING: Ontvang genesing vir jou emosionele wonde en ontdek jou lewensdoel as God se dogter in hierdie 90-dae-dagstukkieboek deur die internasionaal-bekende Joyce Meyer.

Genesing vir elke vrou dagstukkies delf diep in Joyce Meyer se eie lewensverhaal en haar reis na genesing. Ten spyte van jare se mishandeling, verwerping en verraad deur die mense die naaste aan haar, glo Joyce dat elke vrou wat diep seergekry het deur lewensomstandighede, ten volle genees kan word in hart en siel. Haar onwankelbare aanspraak het ontstaan uit haar reis na genesing van haar eie siel, en ook die pad wat sy gestap het met soveel vroue wat nie wou glo dat hulle hul pyn ten volle sou oorwin en wat riglyne in die lewegewende wysheid van die Bybel gevind het nie.

Joyce neem jou op ’n 90-dae-reis om jou te bemoedig deur die lewe se struikelblokke om jou ware lewensdoel te bereik. Die Here kan jou pyn genees, en Hy wil dit in jou hart doen. Laat Genesing vir elke vrou dagstukkies jou inspireer op jou pad na die wonderlike, vreugdevolle toekoms wat God vir jou beplan het!

SKRYWER: Joyce Meyer is een van die wêreld se voorste predikers en is ’n kenner op verskeie gebiede wat fokus op emosies, houdings en gemoedstoestande. Sy het ongeveer ’n honderd boeke geskryf wat in meer as ’n honderd tale vertaal is. Joyce borg ook Hand of Hope, ’n welsynsorganisasie wat fondse skenk aan weeshuise en mediese sorg bied vir minder bevoorregtes. Haar topverkopers sluit in Wen die stryd in jou gedagtes, Ontwaak met die Woord, My tyd met God en Gryp die dag.