Gediggies vir vrolike gesiggies

R235.00

Gediggies vir vrolike gesiggies bevat 49 gediggies met ‘n Christelike inslag. Onderwerpe wat aangespreek word is God die Vader, Seun en Heilige Gees, boeliegedrag, die grootheid van die Skepping, familie, vrese, respek, jou waarde en waar elkeen van ons inpas in God se plan en die wêreld. Dit sal jou help om jou kind lewenslesse en vaardighede aan te leer. Vir ouderdom 38 jaar. Illustrasie vir elke gediggie deur Wesslee de Klerk.

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 96

OPSOMMING: Gediggies vir vrolike gesiggies bevat 49 gediggies met ‘n Christelike inslag. Onderwerpe wat aangespreek word is God die Vader, Seun en Heilige Gees, boeliegedrag, die grootheid van die Skepping, familie, vrese, respek, jou waarde en waar elkeen van ons inpas in God se plan en die wêreld. Dit sal jou help om jou kind lewenslesse en vaardighede aan te leer. Vir ouderdom 38 jaar. Illustrasie vir elke gediggie deur Wesslee de Klerk.

SKRYWER: Aletté het ’n graad in joernalistiek en is ’n gepubliseerde skrywer, motiveringspreker, liedjieskrywer, TVaanbieder
en stylkonsultant. Aletté en Heinz is die trotse ouers van vier pragtige kinders. Hulle woon in SomersetWes, WesKaap.

Wesslee is gebore en getoë in die Vrystaat. Sy het kuns studeer by UP, as ‘n aanbieder van Christelike kinderprogramme gewerk, en ‘n suksesvolle musiekloopbaan gehad. Wesslee werk met die hand en kleur dan met “chalk pastels” in. Wesslee is nou weer ‘n Vrystater, tans woonagtig in die rivierdorpie, Parys.