Description
SUBTIITEL: ‘n Geestelike ondekkingstog vir jong gevangenes
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 96
OPSOMMING: Ons kan die Latynse uitdrukking carpe diem in Afrikaans met “gryp die dag” vertaal. Dit beteken jy moet elke geleentheid aangryp wat oor jou pad kom. Moenie só leef dat jy later spyt sal wees oor wat jy met jou lewe gedoen het nie. Jy is in die gevangenis, maar daar is geleenthede om aan sport deel te neem, te oefen, ander te dien en te bemoedig, skool te gaan, ‘n boek oor jou lewensverhaal te skryf …
Neem vandag die besluite wat ‘n positiewe invloed op môre sal hê.
Gebind en tog vry is ‘n boek wat bedoel is om jong gevangenes te help om alleen of as groepe Bybelstudie te doen. Dit is in duidelike
taal geskryf, met kort studies en ‘n eenvoudige uitleg. Die lesse is so geskryf dat jy dit op jou daaglikse lewe kan toepas en kan ontdek
dat die God van liefde vandag sy hand na jou, sy kind, uitsteek. Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy die kettings wat ons vasbind, gebreek. Hy is in staat om ook die kettings wat jóú vasbind te breek … sodat jy vry kan wees al is jy in die gevangenis
– gebind en tog vry.
Toets ingesluit
SKRYWER
Val Hamann is die ideale persoon om ‘n boek soos hierdie een te skryf. Haar vreugde in die lewe is om God se werk te doen.
Met haar bediening tussen die jongmense in die Drakenste en Korrektiewe Sentrum het sy die nodige ondervinding van hulle
behoeftes opgedoen. Voeg dit by haar bruisende persoonlikheid en aansteeklike lewensvreugde en jy kry ‘n dissipel van Christus
wat sý liefde vir alle mense wil deel met elkeen wat sy ontmoet. Jerry Gilbert – Leier van die “2011 Kairos Torch 15”
(Drakenstein Korrektiewe Dienste)