Description
SUBTITEL: Gebede en oordenkings wat vroue nader sal bring aan die hart van hulle hemelse Vader.
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 208
OPSOMMING: Elke vrou se storie verskil, so ook haar behoeftes en haar vrese. En elke vrou het ’n spesiale gebed wat sy uit haar hart vir haarself of ’n geliefde wil bid. Gebede vir ’n vrou se hart help vroue waar woorde ontbreek en gee leiding waar insig kortkom. Met ’n gebed en oordenking oor verskeie fasette van die lewe – van vrese en veiligheid tot volharding en lof – gee dié boek vir vroue gebedsadvies vir hulle goeie en ook slegte tye.
SKYWER
Elizabeth George is ’n topverkoper-outeur en meer as 12 miljoen eksemplare van haar boeke is al verkoop. Sy is ook gewild vir haar onderrig en ’n gesogte spreker by geleenthede vir Christenvroue. Elizabeth en haar man, Jim, is ouers en grootouers en staan al vir meer as 35 jaar in die bediening.