GayGelowig 2

R100.00

In hierdie bundel verhale is die ouers van gay kinders self aan die woord. So ook vroue wat met gay mans getroud is of was, en een man wat bereid was om sy huweliksreis met ʼn gay vrou te deel.

Uit hierdie verhale kom die kompleksiteit van seksuele diversiteit na vore. Dit verklaar gedeeltelik waarom dit vir ouers en vir die lewensmaats van gay mense so moeilik is om die omvang en diepte van hulle gay kinders of gay lewensmaats se seksuele oriëntasie volledig te begryp.

Dit het baie van hierdie mense geverg om hulle ervarings eerlik en openlik te deel. Hulle intens persoonlike en unieke stories verwoord hulle seerkry, hulle verwagtings, hulle vreugdes en hulle vrese. Só neem hulle ons saam op hulle reis deur hulle dieptes en hoogtes.

Gaygelowig 2 is ʼn moet-lees vir elkeen wat gay is of wat iemand ken wat gay is. Mag die verhale van hierdie ouers van gay kinders en van lewensmaats wat ʼn gay geliefde het of gehad het ʼn groot impak op talle mense se lewe hê. Mag dit bydra tot insig, aanvaarding en begrip en tot dankbaarheid lei. Hierdie boek hoop om gay en straight mense te help om na mekaar te luister, om mekaar as familie in Christus raak te sien, te hoor, te ondersteun, te begryp, te respekteer, te omarm en lief te hê.

SKU: 9780864878892 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Ouers en lewensmaats vertel

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 144

OPSOMMING: In hierdie bundel verhale is die ouers van gay kinders self aan die woord. So ook vroue wat met gay mans getroud is of was, en een man wat bereid was om sy huweliksreis met ʼn gay vrou te deel.

Uit hierdie verhale kom die kompleksiteit van seksuele diversiteit na vore. Dit verklaar gedeeltelik waarom dit vir ouers en vir die lewensmaats van gay mense so moeilik is om die omvang en diepte van hulle gay kinders of gay lewensmaats se seksuele oriëntasie volledig te begryp.

Dit het baie van hierdie mense geverg om hulle ervarings eerlik en openlik te deel. Hulle intens persoonlike en unieke stories verwoord hulle seerkry, hulle verwagtings, hulle vreugdes en hulle vrese. Só neem hulle ons saam op hulle reis deur hulle dieptes en hoogtes.

Gaygelowig 2 is ʼn moet-lees vir elkeen wat gay is of wat iemand ken wat gay is. Mag die verhale van hierdie ouers van gay kinders en van lewensmaats wat ʼn gay geliefde het of gehad het ʼn groot impak op talle mense se lewe hê. Mag dit bydra tot insig, aanvaarding en begrip en tot dankbaarheid lei. Hierdie boek hoop om gay en straight mense te help om na mekaar te luister, om mekaar as familie in Christus raak te sien, te hoor, te ondersteun, te begryp, te respekteer, te omarm en lief te hê.

INHOUD: GayGelowig 2 bevat 17 verhale van ouers van gay kinders en van lewensmaats wat ʼn gay geliefde het of gehad het. Dit het baie moed van hulle geverg om hulle verhale te herbesoek, maar hulle het dit gedoen met die oop dat dit ʼn groot impak op talle mense se lewe sal hê. Dat dit sal bydra tot insig, aanvaarding en begrip en tot dankbaarheid sal lei. Dat dit gay en straight mense sal help om na mekaar te luister, mekaar as familie in Christus raak te sien, te hoor, te ondersteun, te begryp, te respekteer, te omarm en lief te hê.

SKRYWER: Marietjie van Loggerenberg het haar aanvanklik as onderwyser bekwaam. Later behaal sy ʼn meestersgraad (cum laude) in opvoedkundige sielkundige en gee 16 jaar lank by die destydse Vista-universiteit klas. In 2001 doen sy ʼn kursus in pastorale narratiewe terapie aan die Instituut vir Terapeutiese Ontwikkeling. Sy verwerf ook ʼn MTh-graad, waarin sy die gay gesprek in die NG Kerk herskryf. In 2015 behaal sy ʼn doktorsgraad oor die uitwerking van die NG Kerk se 2007-besluit oor homoseksualiteit op gay predikante. Marietjie praktiseer sedert 2002 as pastorale narratiewe terapeut in ʼn privaat praktyk.

You may also like…