G8 Verwoord en lewe wat jy glo

R90.00

Die lewe saam met God is soos ’n reis wat nooit ophou nie. Jou doop en belydenis is belangrike bakens op jou geloofsreis. By jou doop beloof die Here om saam met jou die pad te loop.

SKU: 9781920089252 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: 8 Gesprekke voor belydenisaflegging

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: Die lewe saam met God is soos ‘n reis wat nooit ophou nie. Jou doop en belydenis is belangrike bakens op jou geloofsreis. By jou doop beloof die Here om saam met jou die pad te loop. Met jou belydenisaflegging kan jy openlik kies om agter die Here in te val, en saam met Hom jou lewe te deel. Die idee agter die G8-program is om die basiese leer van die kerk eenvoudig saam te vat. Jy kan maklik voel dat jy in die kategese oorweldig word deur al die feite, inligting en die verwerking daarvan. Hierdie ontmoetings gaan vir jou ‘n handvatsel gee om geloof te verstaan en dit prakties uit te leef. Ons glo dat ‘n mens se lewe ‘n lewenslange geloofsreis is waar geloofsontwikkeling nie eindig by jou belydenisaflegging nie. Om hierdie rede word die gsprekke in die formaat van ’n “reisjoernaal” aangebied.

INHOUD
Werkboek
Week 1: Geloof
Week 2: Gebed
Week 3: Gebooie
Week 4: Genadetekens
Week 5: Godheid
Week 6: Gemeenskap
Week 7: Gawes van die Gees
Week 8: Gestuurdes
Ander gelowe: Boedhisme, Hindoeïsme, Islam

SKRYWER
G8 is saamgestel deur ‘n paneel kenners in die kerk en ondersteun deur ‘n raad van adviseurs.

SAMESTELLERS
Ds. Alex Clark
Me Lindi Kruger
Ds. Danie Vermaak
Dr. Willécia Vermaak

EINDREDAKSIE
Ds. Johan Avenant
Ds. Alex Clark
Ds. Danie Vermaak

ADVISEURS
Dr. Lyzette Hoffman
Prof. Jan-Albert van der Berg