G8 Verwoord en leef wat jy glo – DVD

R150.00

Die lewe saam met God is soos ’n reis wat nooit ophou nie. Jou doop en belydenis is belangrike bakens op jou geloofsreis. By jou doop beloof die Here om saam met jou die pad te loop.

SKU: G8 - DVD Categories: , , ,

Description

FORMAAT: DVD

OPSOMMING:Die idee agter die G8-program is om die basiese leer van die kerk eenvoudig saam te vat. Hierdie ontmoetings gaan vir jongmense wat belydenis van geloof wil aflê, ’n handvatsel gee om geloof te verstaan en dit prakties uit te leef. 

INHOUD
Hierdie DVD bied die volgende:

1. Volledig uitgewerkte ontmoetings (8) in WORD-formaat wat saam met die deelnemersgids gebruik kan word.

2. Bykomende dokumente, uitdeelstukke, videosnitte en PowerPoint-aanbiedings wat by elke ontmoeting gebruik kan word.

3. ’n Volledige program en hulpmiddels vir die naweekkamp wat die G8-program afsluit.

SKRYWERS

G8 is saamgestel deur ’n paneel kenners in die kerk en ondersteun deur ’n raad van adviseurs.

Samestellers
Ds. Alex Clark
Me Lindi Kruger
Ds. Danie Vermaak
Dr. Willécia Vermaak
Eindredaksie
Ds. Johan Avenant
Ds. Alex Clark
Ds. Danie Vermaak
Adviseurs
Dr. Lyzette Hoffman
Prof. Jan-Albert van der Berg