Description
SUBTITEL: Rigtingwysers vir die oorlewing en geloofwaardigheid van die kerk
FORMAAT: Elektroniese boek in die ePub-formaat.
BLADSYE: 172 in die geval van die sagteband.
OPSOMMING: As die kerk môre van die Suid-Afrikaanse toneel sou verdwyn, sou dit ’n danige verskil maak? Sou korrupsie en misdaad en dwelmmisbruik, en so meer, ná die kerk se verdwyning meer of minder in die land voorkom … of sou alles maar min of meer dieselfde bly? Wat wil vra: Hoe groot is die impak van die kerk régtig in Suid-Afrika?
Dalk is die impak van die kerk beperk omdat die kerk ná twee millennia nog nie daarin geslaag het om ’n werklike alternatief vir ander instellings te bied in die sin dat die kerk sigbaar anders is nie. Is die amptelike kerk in sy vele gestaltes nie in alte veel gevalle maar bloot ’n kopie van wat elders in die gemeenskap aan die gebeur is nie? Verdeeldheid, binnegevegte, wedywering, afknouery, haat, afguns …
In Fluit-fluit die kerk is uit? gee Frits Gaum twaalf rigtingwysers aan die kerk om sy geloofwaardigheid te behou en om die 21ste eeu te oorleef. Hy skets hoe God, die Bybel en die Christelike geloof openlik afgemaak word. Hy boekstaaf die foute en struikelinge van die kerk – hier en elders, nou en toe. Maar is dit verdoemend genoeg om te wanhoop aan die oorlewing van die kerk? Of is dit onafwendbaar dat die fluitjie vir die kerk gaan blaas?
Fluit-fluit die kerk is uit? wys hoe die kerk se andersoortigheid die sleutel tot sy geloofwaardigheid en oorlewing is. In sy verbondenheid met Christus vind die kerk sy staanplek in ’n skeptiese, siniese en apatiese wêreld.
Help my om, as deel van u kerk op aarde, my beskikbaar te stel vir u werk sodat u kerk waarlik ’n stad op ’n berg en ’n lig op ’n maatemmer sal wees. Ferdinand Deist
INHOUD
1. ‘n Koeël dwarsdeur die Boerekerk?
2. ‘n Algemeen betwyfelde Christelike geloof?
3. ‘n Sterwende Christendom?
4. ‘n Kerk wat struikel?
5. ‘n Anderster kerk!
SKRYWER
Frits Gaum het in die Letterkunde, Joernalistiek en Teologie gestudeer. Hy was predikant, die Uitvoerende Hoof van Bybelkor, en baie jare redakteur van Kerkbode en LIG. Dr Gaum het in die moderamens van die Wes-Kaapse Sinode en die Algemene Sinode van die NG Kerk gedien. Hy is afgetree en woon in die Suid-Kaap.