Description
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 224
OPSOMMING: Veerkragtigheid is daardie “iets” wat mens laat opstaan as die lewe jou asem uitslaan. Veerkragtige mense kan die skerwe bymekaarmaak, opstaan en aanhou na trauma of ’n groot teenslag. Dit is nie ’n uitsonderlike karaktereienskap wat net sommige mense het nie, ons almal word daarmee gebore.
Ilse Salzwedel, bekende radiopersoonlikheid en joernalis, bespreek watter eienskappe veerkragtige mense het en gee raad oor hoe om jou veerkragtigheid te ontwikkel en ook watter dinge jou veerkragtigheid kan tap wat jy moet vermy. Ilse gebruik voorbeelde uit haar eie en ander bekendes se lewe om te wys dat veerkragtigheid vir ons elkeen beskore is.
SKRYWER: Ilse Salzwedel is ‘n joernalis, radioaanbieder en skrywer van Johannesburg. Daar het al verskeie boeke uit haar pen verskyn waaronder Bloedsusters. Ilse is bekroon met ‘n ATKVeertjie, ‘n Pica en drie Caxtontoekennings, en is in 2009 deur die FAK vereer met die H.B. Thomtoekenning vir ‘n besondere bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek.