Description
FORMAAT: CD
BESKRYWING: ‘n Goeie Flammekidz-lied is ʼn lied wat eenvoudige taal en musiek gebruik – so eenvoudig dat kinders dit maklik kan aanleer en onthou. Tog is die teks Skrifgetrou en dit help die jeugwerker om Bybelwaarhede aan die kind oor te dra.
Natuurlik kom kinders in verskillende vorme en groottes voor. Sommige liedjies is bedoel vir kleuters en ander kan die ouer “kinders” – die pappas, mammas, oupas en oumas – sing. Ons weet alle Flammekidz-liedjies gaan nie vir alle kinderbedienings werk nie. Besluit dus gerus self wat vir jou gaan werk en wat nie.
Ons gee vir jou hierdie vyf liedjies in vier verskillende vorme:
‘n volledige MP3
‘n Track, sonder die stem van die voorsanger
‘n Video (wmv) met die teks en die track
‘n PowerPoint
Soos altyd is die bladmusiek by www.flam.co.za beskikbaar.
Jy kan ook die multitrack van hierdie liedere by Bybel-Media bestel.
1. F221. Ek wil meer en meer
Oorspronklike titel: Meer en meer
Teks en musiek: Marcel Zimmer
Afrikaanse vertaling: 2007 Faani Engelbrecht
© 1998 Celmar Music (admin deur Bybel-Media Musiek)
2. F219. Heer U Ken My Soos Geen Ander
Oorspronklike titel: Heer, U Ken My Soos Geen Ander
Teks en musiek: Marcel Zimmer
Afrikaanse vertaling: 2007 Faani Engelbrecht
© 2002 Celmar Music (admin deur Bybel-Media Musiek)
3. F276. Ek soek
Teks en musiek: Maurice Ras
© Flam Musiek-Uitgewers 2010
4. F248. Laat jou lig skyn
Oorspronklike titel: Let Your Light Shine
Teks en musiek: Andy Wallis
Afrikaanse vertaling: 2007 Johan Engelbrecht
© 2005 Hillsong Publishing (admin deur Sheer Music Publishing)
5. F322. Huppel
Teks en musiek: Johannes Joubert
© Flam Musiek-Uitgewers