Description
FORMAAT: CD
BESKRYWING: ‘n Goeie Flammekidz-lied is ʼn lied wat eenvoudige taal en musiek gebruik – so eenvoudig dat kinders dit maklik kan aanleer en onthou. Tog is die teks Skrifgetrou en dit help die jeugwerker om Bybelwaarhede aan die kind oor te dra.
Natuurlik kom kinders in verskillende vorme en groottes voor. Sommige liedjies is bedoel vir kleuters en ander kan die ouer “kinders” – die pappas, mammas, oupas en oumas – sing. Ons weet alle Flammekidz-liedjies gaan nie vir alle kinderbedienings werk nie. Besluit dus gerus self wat vir jou gaan werk en wat nie.
Ons gee vir jou hierdie vyf liedjies in vier verskillende vorme:
‘n volledige MP3
‘n Track, sonder die stem van die voorsanger
‘n Video (wmv) met die teks en die track
‘n PowerPoint
Soos altyd is die bladmusiek by www.flam.co.za beskikbaar.
Jy kan ook die multitrack van hierdie liedere by Bybel-Media bestel.
Ek weet
Teks en musiek: André Serfontein en Annalise Wiid
© 2005 Flam Musiek-Uitgewers
Ek kies vir U
Teks en musiek: Iné Stander
© 1999 Brettian Productions
Welkom, welkom
Oorspronklike titel: Welkom, welkom
Oorspronklike teks en musiek: Marcel en Lydia Zimmer
Afrikaanse vertaling: JP Bruwer, Faani Engelbrecht, Marcel en Lydia Zimmer
© 2009 Celmar Music
Jesus, U regeer (U oë)
Oorspronklike titel: Your eyes
Oorspronklike teks en musiek: David en Beci Wakerley en Julia A’Bell
Afrikaanse vertaling: Johan Engelbrecht 2006
© 2004 Hillsong Publishing (admin deur Sheer Publishing)
Jesus is die Rots
Teks en musiek: Johan Engelbrecht
© 2008 MAR Gospel Music Publishers (admin deur Sheer Publishing)