Description
SUBTITEL: Vriende van God
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 59
OPSOMMING: Hierdie produk is digital beskikbaar op missio.org.za. vanaf middel Desember 2023
Ons elkeen het ‘n profile. Of dit nou is soos jou vriende jou elke dag sien, en of dit jou profile is wat jy op Facebook sit – ons elkeen het ’n profile.
Vanjaar wil ons jou bekendstel aan ‘n hele klomp Bybelkarakters en na elkeen se profile kyk. Hulle elkeen het ’n baie interessante profile. Daar is die vroom godsdienstiges, dié wat God glad nie geken het nie, die oneerlikes, die hoëkoppe, die twyfelaars, die profete, die armsaliges, die kerkmense, die verraaiers, die soekendes en die eenvoudige gelowiges – ‘n heerlike mix van profiles wat jy ook in jou omgewing kan kry.
Die merkwaardige is egter dat hierdie mense se profile verander het toe hulle ‘n ontmoeting met God gehad het. Dit sal jy elke keer sien wanneer jy met een van hierdie Bybelkarakters kennis maak. Nie almal se ontmoeting met God het goeie gevolge gehad nie, maar ’n mens kan tog elke keer iets by hulle profile sit wat nie voorheen daar was nie.
Ook jou profile verander gedurig. Dinge gebeur in jou lewe – jy trek dalk, gaan hou iewers vakansie, het ‘n nuwe ou of meisie, begin met ‘n nuwe sport, of wat ook al. Dan is dit tyd om jou profile te verander.
Dit is ook waar van jou geloofslewe en jou verhouding met Jesus. Wanneer Jesus jou help om jou lewe te verander en aan te pas en al hoe meer soos sy kind te leef, verander jou profile en jou image elke dag.
Faceboek – Vriende van God is gemodelleer op Facebook. Elke ontmoeting draai om ’n Bybelkarakter en sy of haar PROFILE, met selfs ‘n foto daarby. Interessante Bybelgedeeltes oor die Bybelkarakter is onder INFO. Op die WALL kan jy lees wat ander mense vir die betrokke Bybelkarakter sê, en daar is plek waar jy self vir die karakter iets kan neerskryf. Daar is ook nog ander foto’s van die karakter op die WALL.
By die CHATBOKS kan jy saamgesels oor die karakter en wat sy of haar profile vir jou as Christen vandag beteken. By CONNECT kry jy die geleentheid om met God, ander mense en jou omgewing te connect, want dit is belangrik dat ‘n mens nie op ’n eiland sal leef nie, maar werklik sal connect. Ons hoop dat jou profile aan die einde van die jaar anders sal lyk as aan die begin van die jaar – dat mense vir Jesus in jou profile sal raaksien. Jesus verwelkom jou nou by die vriende van God – want Hy wil jou vriend wees!
INHOUD
1. Faceboek
Connect met God en sy vriende
2. Die man aan die kruis
Onverstaanbare genade
3. Paulus
Op ’n nuwe geloofspad
4. Saggeus
Wat sien jy?
5. Die vrou van Johannes 8
Ek is regtig vergewe
6. Josef
Vergewe, of nie?
7. Pilatus
Skuld van die onbetrokkenes
8. Maria
God-draer? Sjoe! Ek?
9. Tomas
Ontdek die inhoud van geloof
10. Ananias en Saffira
Om “doodeerlik” te wees
Tydlyn van karakters
11. Die Fariseër
Liefde, of wet?
12. Johannes
‘n Sleutelgat-loer na die grootste fees ooit
13. Petrus
Hoe werk God se Gees in my?
14. Daniël se vriende
Om God lief te hê
15. Die man van Betesda
Nie “me, myself and I” nie – liefde vir ander
16. Esra
Erediens is ‘n fees
17. Jakobus
Gebed wat leef
18. Nehemia
Gebed bevry
19. Hanna
Luister God wanneer ek bid?
20. Jesus
Bid dat God se wil gebeur
21. Adam
Verbruikersmentaliteit verwoes die aarde
22. Elia
Hardloop met Elia se passie
23. Judas
Ontevrede met Jesus?
24. Josef
Kersfees in my lewe
25. Ek
My nuwe profile