Ena Murray Keur 18

R290.00

In Eiland in die son begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenêrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was, maar nou nêrens te vinde  is nie. Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel inSeñor die seerower– min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland . . . InSluiers van wierookontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van ’n soektog na water inSaoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself
gewilliglik in prins Ibrahim Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.

SKU: 9780624084877 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: In Eiland in die son begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenêrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was, maar nou nêrens te vinde  is nie. Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel inSeñor die seerower– min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland . . . InSluiers van wierookontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van ’n soektog na water inSaoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself
gewilliglik in prins Ibrahim Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.

SKRYWER
Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike geneesheer, en dis hier
waar haar groot belangstelling in die geneeskunde ontstaan het. Verskeie van haar verhale het dan ook ’n hospitaal as milieu. Sy het
op Mosselbaai afgetree en is in Junie 2015 oorlede.