Elsa Winckler Eerste Keur

R275.00

Cilla kan van kleins af met diere kommunikeer in Van altyd af. Reynecke Retief vertrou egter nie haar intuïtiewe benadering nie; hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor. Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om.

Aileen se pâtisserie sal vir Stellenbossers wys hoe fyngebak moet lyk in Te eenders, te anders. Ongelukkig is die eienaar van die perseel heeltemal onmoontlik. Na ’n lesing oor persoonlikheidstipes, weet sy: Sy en Allen Muir sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie. Hoekom laat sy nabyheid haar dan so verskriklik opgewonde voel?

Kalinda worstel met verskeie uitdagings in Tydlose liefde . Soos die spook wat in haar kar geklim het én haar kantsakdoekie agtergelaat het. Sy ontmoet ook die wildewragtag van ’n Zach met sy arrogante driedatereël. Daar is dadelik ’n onverklaarbare drif wat tussen hulle posvat, terwyl sy die geskiedenis en haar spook se spore volg.

SKU: 9780624084839 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Van altyd af. Te eenders, te anders. Tydelose liefde

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 512

OPSOMMING: Cilla kan van kleins af met diere kommunikeer in Van altyd af. Reynecke Retief vertrou egter nie haar intuïtiewe benadering nie; hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor. Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om.

Aileen se pâtisserie sal vir Stellenbossers wys hoe fyngebak moet lyk in Te eenders, te anders. Ongelukkig is die eienaar van die perseel heeltemal onmoontlik. Na ’n lesing oor persoonlikheidstipes, weet sy: Sy en Allen Muir sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie. Hoekom laat sy nabyheid haar dan so verskriklik opgewonde voel?

Kalinda worstel met verskeie uitdagings in Tydlose liefde . Soos die spook wat in haar kar geklim het én haar kantsakdoekie agtergelaat het. Sy ontmoet ook die wildewragtag van ’n Zach met sy arrogante driedatereël. Daar is dadelik ’n onverklaarbare drif wat tussen hulle posvat, terwyl sy die geskiedenis en haar spook se spore volg.

SKRYWER: Elsa Winckler is ’n gewilde skrywer van liefdesverhale. Sy het al die
gesogte ATKVWoordveertjie
vir romanses gewen vir Tussen jazz en
rock (LAPA) in 2010, Te eenders, te anders (Satyn) in 2014, en Liefde
in laslap (Satyn) in 2016. Sy woon op Bettysbaai.