Elke dag saam met Jesus

R189.95

Die meeste van ons het goeie rolmodelle in ons lewe. Dit kan ’n gunsteling rolprentster, sanger of sportster wees. Vir sommige kan dit selfs ’n familielid of vriend wees wat ons bewonder. Vandag raak dit egter al moeiliker om goeie, godvresende rolmodelle te vind. Elke dag saam met Jesus wys vir kinders tussen 8 en 12 jaar wat dit beteken om in die Voetspore te volg van die grootste rolmodel wat ooit op die aarde geleef het – Jesus. In 366 kragtige oordenkings help Dave Strehler die kinders van vandag om meer soos Jesus te word namate hulle meer leer oor die aardse reis, van die dag van sy geboorte tot sy hemelvaart. Elke oordenking bied ’n inspirerende teksvers en iets om te doen, oor na te dink, te onthou en te bid. Help die kinders van vandag om hulle eerste tree na sukses te gee namate hulle in die voetspore van Jesus volg, die wonderlikste rolmodel wat die wêreld al ooit gesien het!

SKU: 9781431617388 Categories: ,

Description

SUBTITEL: 366 kragtige oordenkings oor die grootste rolmodel wat die wêreld ooit geken het – Jesus.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 388

OPSOMMING: Die meeste van ons het goeie rolmodelle in ons lewe. Dit kan ’n gunsteling rolprentster, sanger of sportster wees. Vir sommige kan dit selfs ’n familielid of vriend wees wat ons bewonder. Vandag raak dit egter al moeiliker om goeie, godvresende rolmodelle te vind. Elke dag saam met Jesus wys vir kinders tussen 8 en 12 jaar wat dit beteken om in die Voetspore te volg van die grootste rolmodel wat ooit op die aarde geleef het – Jesus. In 366 kragtige oordenkings help Dave Strehler die kinders van vandag om meer soos Jesus te word namate hulle meer leer oor die aardse reis, van die dag van sy geboorte tot sy hemelvaart. Elke oordenking bied ’n inspirerende teksvers en iets om te doen, oor na te dink, te onthou en te bid. Help die kinders van vandag om hulle eerste tree na sukses te gee namate hulle in die voetspore van Jesus volg, die wonderlikste rolmodel wat die wêreld al ooit gesien het!

SKRYWER
Dave Strehler is al vir langer as 20 jaar betrokke by die onderrig van kinders. Hy is tans betrokke by die Eastside Community Church in Pretoria. Hy is passievol daaroor om kinders en jongmense te help om die Bybel te verstaan en hulle te leer om dit te geniet om Bybel te lees. Hy volg ’n praktiese benadering wanneer hy skryf oor kwessies rakende die Christelike lewe.