Ek wens, ek wens

R240.00

’n Sprokie vir ons eie tyd. As lykbesorger het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, beendere aanmekaargelas en doodsbleek gesigte gegrimeer vir roubeklaers om te besigtig. ’n Mens het jou werk en jy doen dit; dit help nie om vir ander goed te wens nie. Maar af en toe wens Seb tóg vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook by die huis, waar hy, sy vrou en tienerkinders by mekaar verby leef. Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die
begrafnisondernemers instap, kry Seb wel rede om in wense te glo. En hy kom voor ’n dilemma te staan: Waarvoor wens jy as jy één
wens het wat waar gaan word? Veral as dinge lelik begin skeefloop … “Ek wens, ek wens daar was meer sulke boeke in Afrikaans.” –
Marita van der Vyver

SKU: 9780795708558 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 176

OPSOMMING: ’n Sprokie vir ons eie tyd. As lykbesorger het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, beendere aanmekaargelas en doodsbleek gesigte gegrimeer vir roubeklaers om te besigtig. ’n Mens het jou werk en jy doen dit; dit help nie om vir ander goed te wens nie. Maar af en toe wens Seb tóg vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook by die huis, waar hy, sy vrou en tienerkinders by mekaar verby leef. Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die
begrafnisondernemers instap, kry Seb wel rede om in wense te glo. En hy kom voor ’n dilemma te staan: Waarvoor wens jy as jy één
wens het wat waar gaan word? Veral as dinge lelik begin skeefloop … “Ek wens, ek wens daar was meer sulke boeke in Afrikaans.” –
Marita van der Vyver

SKRYWER
Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in Suid-Afrika,en woon nou in Nieu-Seeland. Hy debuteer met ’n kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel,en daarna ’n roman,Wydsbeen. Sedertdien verskyn sy romans in Afrikaans én
Engels:Nobody Diesen’nAnder mens; Halfpad een ding en Half of One Thing; Die vertes in en Parts Unknown.