Ek weet dit alte goed

R90.00

Nico Smit neem sy lesers op reis deur al die ervarings wat ons lewe inkleur.

Met Psalm 139 as ankerteks, vertel dié jong dominee openlik en eerlik hoe hy die lewe beleef én leer om vir homself te lag. Sy stories sal jou soms laat huil en ander kere heerlik laat lag; dit sal jou inspireer en jou hoop gee.

Die boeiende woordsketse getuig van ons weerloosheid, maar ook van ons as die kroon van God se skepping, van ons wat so wonderlik aanmekaargeweef is deur die God wat mag en krag het, maar wat ook nader aan ons is as ons eie vel.

SKU: 9781991234032 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Om te leef met die wete dat jy wonderlik geskep is

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 84

OPSOMMING: Nico Smit neem sy lesers op reis deur al die ervarings wat ons lewe inkleur.

Met Psalm 139 as ankerteks, vertel dié jong dominee openlik en eerlik hoe hy die lewe beleef én leer om vir homself te lag. Sy stories sal jou soms laat huil en ander kere heerlik laat lag; dit sal jou inspireer en jou hoop gee.

Die boeiende woordsketse getuig van ons weerloosheid, maar ook van ons as die kroon van God se skepping, van ons wat so wonderlik aanmekaargeweef is deur die God wat mag en krag het, maar wat ook nader aan ons is as ons eie vel.

INHOUD

Elke afdeling van die boek bevat ses tot agt stories.

  1. Here, U sien dwarsdeur my
  2. U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom
  3. U omsluit my van alle kante
  4. U het my gevorm
  5. U het my al gesien toe ek nog ongebore was
  6. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my
  7. Ondersoek my, sien tog my onrus raak
  8. Lei my op die beproefde pad

SKRYWER: Nico Smit is leraar by Dalpark-gemeente aan die Oos-Rand, waar hy verantwoordelik is vir die pastorale versorging van die gemeente. As geregistreerde berader doen hy ook spreekkamerwerk. Nico is getroud met Karen, ’n hospitaalapteker en sy hart se punt.