Description
SUBTITEL: Leef jou doopbelofte. Gesprekke, simbole en aktiwiteite om die doop jou eie te maak
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 36
OPSOMMING: Jy wil graag jou kind se doopdag spesiaal maak, ʼn dag om te vier, ʼn dag om onthou te word. Die Doopjoernaal sal jou help om aan hierdie viering diepte te gee en jou kind te leer om sy of haar doopdag ook self te vier.
Die Doopjoernaal bied riglyne vir gesprekke, aktiwiteite en geloofsgewoontes wat ouers sal help om hulle kinders te laat ontdek dat hulle bly wees oor hulle band met Christus, om hulle kinders opgewonde te maak oor die pad waarop God hulle voete geplaas het, om hulle te laat besef dat die Gees altyd by hulle is, om ander gelowiges as hulle familie te sien – en om te weet dat hulle die wêreld ingestuur word om vanuit God se liefde vir God en ander mense te gaan leef. ʼn Boek om jou en jou kind te help om die rykdom van die doop te vier en nooit te vergeet nie. Dit word gebruik saam met die boek Watermerk, wat vorm gee aan gesprekke oor die doop tussen die ouers en leraars.
SKRYWERS
Die groep skrywers het almal ʼn passie vir God en kinders en het hierdie produkte ontwikkel om ouers en kinders te help om die betekenis van die doop te ontdek, te herontdek, te verstaan en te vier.