Doop

R65.00

’n Doopvoorbereidingskursus: Bestaan uit ‘n werkboek vir ouers en aanbiedersgids vir predikante.

AANBIEDERSGIDS: Klik hier om u gratis Aanbiedersgids aan te vra

Gratis aflaaibare PowerPoints

Klik hier vir die resensie

Description

SUBTITEL: Voorbereiding vir ouers

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 48

WERKBOEK
Hierdie werkboek is bedoel vir ouers wat voorbereiding wil doen met die oog op ’n betekenisvolle doopbediening aan hulle kinders en wat sal uitloop op ’n sinvolle en vrugbare geloofsopvoeding tuis. Hierdie is ’n poging om gelowige ouers te bemagtig en te inspireer om gedoopte kinders groot te maak wat uit hulle doop lewe, met ander woorde kinders wat self vir Jesus navolg en hulle doop as betekenisvol verstaan en waardeer.

AANBIEDERSGIDS: Klik hier om u gratis Aanbiedersgids aan te vra

Gratis aflaaibare PowerPoints

OPSOMMING: Die kursus fokus nie op die strydpunte in die christelike tradisie rondom die kinderdoop nie, maar probeer met ’n oop gemoed deur die Woord stap om die Bybelse getuienis in verband met die groot en heerlike saak van God se genadeverbond (en die plek van die doop daarin) te verstaan en te verreken en dit in verband te bring met die werklikhede van ons lewe vandag. Sodoende kom die sogenaamde strydpunte (grootdoop vs kleindoop, onderdompeling vs besprinkeling, herdoop/oordoop, bekeringsdoop, doopviering) in konteks ter sprake sonder om daarvan argumente te maak wat die aandag kan weglei van God se bedoeling met die doop.

Plek-plek in die handleiding word teologiese en eksegetiese kommentaar bygevoeg waar die opsteller dit nodig geag het.
Die kursus word verkieslik by vier geleenthede van 90 minute elk, versprei oor vier weke, aangebied.

Werkboek en aanbiedingswyse
Elke kursusganger koop ’n eie werkboek waarin aantekeninge gemaak kan word en aan die hand waarvan tuisopdragte uitgevoer kan word. Kursusgangers hoef nie vir die sessies voor te berei nie. Die leiershandleiding bevat inligting vir die aanbieder in rooi.

INHOUD

Sessie 1
God en sy verbond (testament)

Sessie 2
Wat beteken my doop?

Sessie 3
Hoe laat ons reg geskied aan ons kind(ers) se doop?

Sessie 4
Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?

SKRYWER

Ds Jannie du Plessis van die NG gemeente Elarduspark