Dolfie Weerwolfie

R160.00

Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis ’n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud!

Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf!

Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie ’n weerwolf wees nie!”

“Dalk gaan dit vanself weg,” stel Timmie voor.

“Ja, jy kan maklik praat,” grom Dolfie. “En wat as dit nie weggaan nie? Wat dan?”

SKU: 9780799399066 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 144

OPSOMMING: Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis ’n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud!

Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf!

Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie ’n weerwolf wees nie!”

“Dalk gaan dit vanself weg,” stel Timmie voor.

“Ja, jy kan maklik praat,” grom Dolfie. “En wat as dit nie weggaan nie? Wat dan?”

SKRYWER: Paul van Loon is al meer as 30 jaar ’n skrywer en het nog net ’n skamele 10 keer die Nederlandse Kinderjurie -prys verower. Hy is op 17 April 1955 in Geleen, Nederland, gebore en was oorspronklik van plan om ’n illustreerder te word – en begin toe sommer ’n musiekgroep. Sy eerste kinderboek, Boven op tante Agaat, is in 1983 uitgegee en hy het stil-stil ’n skrywer geword. Nou is sy passie om grilstories vir kinders te skryf en daar is meer as 1 miljoen Paul van Loon-lesers wêreldwyd.

Facebook: https://www.facebook.com/PaulvanLoonOfficieel
Webwerf: http://www.paulvanloon.nl/

ILLUSTREERDER: Hugo van Look is in Antwerpen gebore en het op ’n jong ouderdom begin teken. Hy het Grafiese Ontwerp en Animasie studeer en die eerste boek wat hy geïllustreer het het in 1988 verskyn. Hy en Paul van Loon het ’n lang en suksesvolle skrywer/illustreerder-vennootskap.