Dolfie Weerwolfie: Volmaan

R160.00

Dolfie is saam met sy klasmaats op ’n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai …

Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel ’n storie.

Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie!

Maar Noura kom agter iets is fout en besluit om vir Dolfie te agtervolg …

SKU: 9780799399745 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 144

OPSOMMING: Dolfie is saam met sy klasmaats op ’n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai …

Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel ’n storie.

Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie!

Maar Noura kom agter iets is fout en besluit om vir Dolfie te agtervolg …

SKRYWER: Paul van Loon is al meer as 30 jaar ’n skrywer en het nog net ’n skamele 10 keer die Nederlandse Kinderjurie -prys verower. Hy is op 17 April 1955 in Geleen, Nederland, gebore en was oorspronklik van plan om ’n illustreerder te word – en begin toe sommer ’n musiekgroep. Sy eerste kinderboek, Boven op tante Agaat, is in 1983 uitgegee en hy het stil-stil ’n skrywer geword. Nou is sy passie om grilstories vir kinders te skryf en daar is meer as 1 miljoen Paul van Loon-lesers wêreldwyd.

Facebook: https://www.facebook.com/PaulvanLoonOfficieel
Webwerf: http://www.paulvanloon.nl/

ILLUSTREERDER: Hugo van Look is in Antwerpen gebore en het op ’n jong ouderdom begin teken. Hy het Grafiese Ontwerp en Animasie studeer en die eerste boek wat hy geïllustreer het het in 1988 verskyn. Hy en Paul van Loon het ’n lang en suksesvolle skrywer/illustreerder-vennootskap.