Doelgerigte gebed

R199.00

Die meeste mense besef die belangrikheid van gebed en ons weet ook dat Jesus in sy aardse bediening gereeld gebid het. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees?

Doelgerigte gebed is ’n “gebedskool” of handleiding wat ten doel het om mense prakties te laat bid. Dit bied 40 onderwerpe wat lesers stap vir stap wys hoe hulle die Skrif kan bid. Elke onderwerp word ondersteun deur teksverse wat reeds verwerk is tot gebede of as riglyn gebruik kan word. Aan die einde van die boek is ’n studiegids waarin lesers hulle daaglikse vordering in die 40 dae kan meet.

Doelgerigte gebed is ’n praktiese gids wat Christene sal wys hoe om die Skrif te gebruik in hulle gebedstyd saam met die Vader.

SKU: 9781431624980 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: ‘n Praktiese handleiding vir ‘n vervullende gebedslewe

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 324

OPSOMMING: Die meeste mense besef die belangrikheid van gebed en ons weet ook dat Jesus in sy aardse bediening gereeld gebid het. Maar hoe moet ons bid? Hoe kan ons gebede prakties wees?

Doelgerigte gebed is ’n “gebedskool” of handleiding wat ten doel het om mense prakties te laat bid. Dit bied 40 onderwerpe wat lesers stap vir stap wys hoe hulle die Skrif kan bid. Elke onderwerp word ondersteun deur teksverse wat reeds verwerk is tot gebede of as riglyn gebruik kan word. Aan die einde van die boek is ’n studiegids waarin lesers hulle daaglikse vordering in die 40 dae kan meet.

Doelgerigte gebed is ’n praktiese gids wat Christene sal wys hoe om die Skrif te gebruik in hulle gebedstyd saam met die Vader.

SKRYWER: Bennie Mostert het sy doktorsgraad in teologie aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy eerste gemeente was in Usakos in Namibië. In 1993 het hy en sy vrou, Anita, na Pretoria verhuis om te help werk aan die vestiging van ’n nasionale gebedsnetwerk wat tans bekendstaan as Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk. Hy het ’n aantal boeke oor gebed geskryf, maar ook ander onderwerpe. Hy woon tans in Pretoria en spits hom toe op die ontwikkeling van gebedsmateriaal en die bevordering van gebed op verskeie vlakke.