Description
SUBTITEL: Vyf weke in die voetspore van die Leermeester
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 100
OPSOMMING: Jesus het twaalf dissipels uitgekies om in sy voetspore te loop. Hulle het vir drie jaar saam met Hom geleef en geleer en gereis totdat Hy vir hulle gesê het:
“Gaan julle nou en leer die mense alles wat Ek julle geleer het. Maak hulle navolgers van My soos Ek julle my navolgers gemaak het.”
Hierdie Dissipelskap-reeks gee aan groepe die geleentheid om saam in die voetspore van die Leermeester te loop, te ontdek hoe om sy dissipels te wees en dan uit te gaan om nog ander sy dissipels te maak.
Die Dissipelskap-reeks bestaan uit:
• Aan die voete van Jesus – Gespreksgids
• Aan die voete van Jesus – Leiersgids
• Op reis saam met Jesus – Gespreksgids
• Op reis saam met Jesus – Leiersgids
Elke deel bevat
• ’n leiersgids en ’n gespreksgids
• 5 temas wat by dissipelskap aansluit
• ’n inleidende video vir elke tema
• wenke vir ’n Dissipelskap-naweek
Die inleidende video’s vir elke tema is hier beskikbaar:
• Dissipelskap 1: Aan die voete van Jesus: https://missio.org.za/dissipelskap1
• Dissipelskap 2: Op reis saam met Jesus: https://missio.org.za/dissipelskap2
INHOUD:
Dissipelskap 1: Aan die voete van Jesus
Tema 1: Hoe om seker te wees jy is ’n kind van God
Tema 2: Hoe om die Bybel nog beter te verstaan
Tema 3: Hoe om in ’n hegte, vrymoedige verhouding met God te leef
Tema 4: Hoe om in ’n gebroke wêreld te leef en die sonde af te skud
Tema 5: Hoe om in die teenwoordigheid van die Heilige Gees te leef
SKRYWER: Saamgestel deur Jurgens de Jager.