Description
SUBTITEL: Geheime van ‘n suksesvolle SuidAfrikaanse entrepreneur
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 192
OPSOMMING: Jy is waarskynlik reeds ’n entrepreneur. Of jy droom daarvan om een te wees. Jy wil jou eie onderneming besit en jou eie baas wees.
Daniel Strauss, die Strauss in die beleggingsonderneming Stocks & Strauss, is sy eie baas, maar dit was nie altyd die geval nie. Tydens sy grootwordjare was hy oortuig dat die rykes slimmer is of oor vaardighede of kennis beskik wat gewone mense nie kan bekom nie.
Maar op ’n dag het ’n toevallige ontmoeting met ’n miljardêrentrepreneur hom laat besef ‘die rykes’ is eintlik ‘normale mense’ nes hy. Die verskil is dat die geldloses wat skatryk word, weet hoe om bó die lyn te dink. Hulle het die ingesteldheid van ’n miljardêr.
In Dink soos ’n miljardêr verduidelik Daniel wat dit beteken om hierdie lewensveranderende nuwe ingesteldheid aan te neem. Hy deel sy geheime tot sukses, soos hoe om toegang tot kapitaal te verkry, die regte mense te vind om jou te help om jou doelwitte te bereik en hoe om jou gedagtes van selfopgelegde beperkings te bevry.
SKRYWER: Daniel is ‘n SuidAfrikaanse entrepreneur en waagkapitalis. Hy is die Strauss in die beleggingsonderneming Stocks & Strauss. Hy het ‘n B.Ing. (Bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy en sy vrou, Rolene, het twee kinders en woon in die Kaapse wynlande. Dink soos ‘n miljardêr is Daniel se eerste boek.