Dink nuut leef nuut

R155.00

In die Bybelstudie Dink nuut, leef nuut lei dr. Arnold Mol gelowiges in 10 studies om te verstaan dat jou gedagtes, wil en optrede uit jou hart ontstaan. Om gedrag te verander is ’n volledige hartsverandering en vernuwing deur die Gees nodig.
Aan die hand van persoonlike ervaring, insiggewende besprekings en insigryke vrae sal Arnold Mol lesers lei om tentdek hoe hulle hul harte kan beskerm teen aanvalle van die Bose.
Hierdie studie, wat sterk steun op die Skrif en temas insluit soos hartoorplantings, die tekens van ’n hartaanval enefeninge om die hart te versterk, bied alles wat ’n mens nodig het vir ’n gesonde hart wat dit in die Here verbly.

SKU: 9781431621026 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: 10 studies wat jou bemagtig om jou hart, jou lewensentrum, te bewaar teen aanvalle sodat jy jou in die Here kan verbly.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 156

OPSOMMING: In die Bybelstudie Dink nuut, leef nuut lei dr. Arnold Mol gelowiges in 10 studies om te verstaan dat jou gedagtes, wil en optrede uit jou hart ontstaan. Om gedrag te verander is ’n volledige hartsverandering en vernuwing deur die Gees nodig.
Aan die hand van persoonlike ervaring, insiggewende besprekings en insigryke vrae sal Arnold Mol lesers lei om te
ontdek hoe hulle hul harte kan beskerm teen aanvalle van die Bose.
Hierdie studie, wat sterk steun op die Skrif en temas insluit soos hartoorplantings, die tekens van ’n hartaanval en
oefeninge om die hart te versterk, bied alles wat ’n mens nodig het vir ’n gesonde hart wat dit in die Here verbly.

SKRYWER

Dr. Arnold Mol is ’n gekwalifiseerde bedryfsielkundige; praktiseer as bestuurskonsultant; is welbekend as
openbare spreker; en het ’n passie vir God se Woord. Hy het talle boeke die lig laat sien oor onderwerpe soos
bestuur, motivering, konflikhantering, huweliksverryking, ouerskap en geestelike  verryking. Hy het die gawe om
ingewikkelde menslike gedrag in maklik-verstaanbare taal te verduidelik en om praktiese oplossings aan te bied. Hy en sy vrou, Joy, woon in Pretoria. Hulle het drie volwasse kinders en tien kleinkinders.