Dinge van ’n hond

R280.00

Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ’n Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ’n manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie. Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het.

Jan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ’n erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie.

Dan is daar Bettie Rondganger. ’n Alleenloper. ’n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ’n bestaan moet maak.

Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?

Dinge van ’n hond is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat ’n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.

SKU: 9781485903314 Categories: , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 240

OPSOMMING: Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ’n Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ’n manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie. Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het.

Jan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ’n erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie.

Dan is daar Bettie Rondganger. ’n Alleenloper. ’n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ’n bestaan moet maak.

Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur?

Dinge van ’n hond is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat ’n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.

SKRYWER: S.P. Benjamin is in 1965 gebore en het ná sy skooljare by Scottsdene Sekondêre Skool begin gedigte skryf. In dié tyd het hy as ’n verkoopsman en by ’n drukkery gewerk. In 1997 debuteer hy met Die reuk van steenkool waarvoor hy die Sanlam/De Kat-debuutprys ontvang het. Die roman was ook die naaswenner van die atkv-prosaprys in 1998. Sy kortverhaalbundel, Die lewe is ’n halwe roman, het die Eugène Marais-prys in 2000 gewen.