Diereplesiere

R150.01

Na kos, skuiling en verhoudings met ander mense, is dit stories wat ons die heel meeste in hierdie wêreld nodig het.– Phillip Pullman Stories is onontbeerlik in die lewe en ontwikkeling van ons kinders. Die 12 stories in Diereplesiere saam met die kleurvolle illustrasies sal kinders se verbeelding aangryp, hulle luister- en leesvaardighede slyp en goeie waardes in hulle lewe vaslê. Deur die krag van stories sal hulle ontdek hoe lief die Here vir hulle is, dat die Here hulle spesiaal gemaak het soos hulle is, en dat hulle die Here se liefde elke dag teenoor ander mense moet uitleef.

SKU: 9781776160389 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 56

OPSOMMING: Na kos, skuiling en verhoudings met ander mense, is dit stories wat ons die heel meeste in hierdie wêreld nodig het.– Phillip Pullman Stories is onontbeerlik in die lewe en ontwikkeling van ons kinders. Die 12 stories in Diereplesiere saam met die kleurvolle illustrasies sal kinders se verbeelding aangryp, hulle luister- en leesvaardighede slyp en goeie waardes in hulle lewe vaslê. Deur die krag van stories sal hulle ontdek hoe lief die Here vir hulle is, dat die Here hulle spesiaal gemaak het soos hulle is, en dat hulle die Here se liefde elke dag teenoor ander mense moet uitleef.

INHOUD
Diereplesiere bevat 12 stories met diere as die hoofkarakters:
Diere se plesiere
Die molpartytjie
Die spinnekoppe maak musiek
Pikkie Pikkewyn
Die Seekat-orkes
Die Paddavlei-skoolkoor
Ou Krokodil
Piet Papegaai
Die rugbywedstryd
Katteljons en Lily
Ronnie Renoster
Baie vrae!

PLUSPUNTE
• 12 stories wat kinders se verbeelding sal aangryp, hulle lees- en luistervaardighede sal ontwikkel en goeie waardes in hulle lewe sal vaslê.
• Kleurvolle Illustrasies wat die stories lewend laat word vir kinders.

SKRYWER
Stefaans Burden is ’n sanger, skrywer en predikant. Hy is die afgelope 22 jaar predikant in Worcester-Vallei-gemeente. Hy is getroud met Madeleine en hulle het drie kinders. Stefaans is lief vir sing, stories en sport. Hy het reeds vyf musiekalbums die lig laat sien, waarvan een ’n kinderalbum Diere se plesiere is. Die lirieke is deur Stefaans Burden en Nanda Pauw geskryf. Stefaans het al die kinderverse getoonset en sing dit self op die album. Hy het ook die 12 stories in hierdie kleurvolle en lekkerleesboek Diereplesiere geskryf. Kinders gaan ure se genot put uit hierdie treffende stories, verbeeldingryke illustrasies en vrolike liedjies.

ILLUSTREERDER
Johann P Venter het sy graad in die beeldende kuns aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO verwerf. Ná ’n kort tydjie as museumkunstenaar op Pelgrimsrus en advertensie-uitlegkunstenaar by die Volksblad in Bloemfontein, word hy in 1980 as die bladuitlegkunstenaar en illustreerder by Huisgenoot in Kaapstad aangestel. Ná drie jaar bedank hy om ’n vryskutloopbaan as illustreerder en grafiese ontwerper te volg.
As vryskutillustreerder was hy die volgende 20 jaar verantwoordelik vir die illustrasies van die immergewilde Karel Poskabouter- en Peter Penpusher-briewe aan die jongspan wat elke week in Huisgenoot en You verskyn het. ’n Hele paar kinderboeke waarvan hy die illustrasies gedoen het, het ook hierdie jare die lig gesien. Sy grafiese spuitverfontwerpe, uitgevoer op seil- en branderplanke, is in die Wes-Kaap besonder gewild.
Deur die jare heen was Johann betrokke by talle groepuitstallings en verskeie solo-uitstallings van sy illustrasies en sy meer “ernstige” kuns.
Johann woon deesdae op Worcester in die Boland en is voltyds besig met skilder- en tekenkuns.