Die wins van brugbediening

R60.00

In Die wins van brugbediening bied Howard du Toit aan gemeentes tien praktiese voordele wat brugbediening vir ʼn gemeente kan inhou. Deur die verhale te deel van gemeentes wat ʼn sukses met brugbediening behaal het, gee hy hoop aan ander gemeentes wat ook in ʼn oorgangstydperk is.
Spesiaal opgeleide brugpredikante gee aan gemeentes die geleentheid om hulle oorgangstydperk as ʼn groeifase te ervaar. Brugbediening fokus dus nie in
die eerste plek op probleme in die gemeente nie; die doel daarvan is eerder om gemeentes te begelei, te ondersteun en te help groei wanneer daar nie ʼn vaste predikant in die gemeente is nie.

Description

SUBTITEL: Tien praktiese voordele

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 28

OPSOMMING: Die ideale produk om aan gemeentelede uit te deel wanneer ʼn gemeente in die oorgangsfase tussen twee predikante is.

In Die wins van brugbediening bied Howard du Toit aan gemeentes tien praktiese voordele wat brugbediening vir ʼn gemeente kan inhou. Deur die verhale te deel van gemeentes wat ʼn sukses met brugbediening behaal het, gee hy hoop aan ander gemeentes wat ook in ʼn oorgangstydperk is.
Spesiaal opgeleide brugpredikante gee aan gemeentes die geleentheid om hulle oorgangstydperk as ʼn groeifase te ervaar. Brugbediening fokus dus nie in
die eerste plek op probleme in die gemeente nie; die doel daarvan is eerder om gemeentes te begelei, te ondersteun en te help groei wanneer daar nie ʼn vaste predikant in die gemeente is nie.

INHOUD
Voorwoord

Waarom brugbediening?
1. Hanteer oorgangstye
2. Gee geleentheid om afskeid te neem
3. Vermy ʼn oorhaastige beroep
4. Ontdek opnuut die gemeente se identiteit en roeping
5. Verstaan beter wat ʼn gestuurde kerk is
6. Vra: Wat wil God hê moet ons as gemeente doen?
7. Bemagtig leerbare leiers
8. Bou ’n breër netwerk rondom die gemeente
9. Soek rustig na ’n nuwe predikant wat sal inpas
10. Maak gereed vir ʼn nuwe toekoms

Bylae: Administratiewe aspekte van brugbediening
1. Wat is die taak van die verskillende rolspelers in brugbediening?
2. Hoe beskikbaar is brugpredikante?
3. Wanneer is ʼn brugpredikant nodig?
4. Kan ʼn brugpredikant in dieselfde gemeente as vaste predikant aangestel word?
5. Hoe gaan ʼn gemeente te werk om ʼn brugpredikant aan te stel?
6. Hoe lank behoort ʼn brugpredikant in ʼn gemeente te werk?
7. Hoe werk die vergoeding van ’n brugpredikant?
8. Wat behels ʼn diensooreenkoms tussen ʼn gemeente en ʼn brugpredikant?

SKRYWER
Howard du Toit is betrokke by die opleiding en ondersteuning van brugpredikante in hulle taak om vernuwing en verandering in gemeentes te begelei. Hy is ook betrokke by die ekumeniese netwerk NIMSA (Network for Interim Ministry in Southern Africa). Naas sy belangstelling in die eenheid van gemeentes en kerke, lê die begeleiding van gemeentes en hulle gesonde funksionering hom na aan die hart.