Die ware avonture van Adelie en Riley: Die Amadidas

R135.00

Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley.

Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINK bomme!

Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip.

In “Die Amadidas” speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bome en bosse – die Amasone!Groot, kwaai voëls probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voëls af te weer. Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker. Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?

SKU: 9780637001359 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 72

OPSOMMING: Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley.

Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINK bomme!

Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip.

In “Die Amadidas” speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bome en bosse – die Amasone!Groot, kwaai voëls probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voëls af te weer. Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker. Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?

SKRYWER: Felicia Snyman-du Toit is gebore in die industriële dorp, Springs, en bly op die oomblik in Pretoria. Sy is ’n Romanza-skrywer en die Adelie en Riley-reeks is haar debuutreeks as kinderboekskrywer. Felicia is lief vir tee en Boston Terrier-honde.